African Storybook
Menu
Magozwe
Fanie Viljoen
Wiehan de Jager
Afrikaans
In die besige stad, Nairobi, ver van ’n liefdevolle huis, woon ’n groep daklose kinders. Hulle het elke dag geneem soos dit kom.

Een oggend pak die seuns hulle matte op na ’n koue nag se slaap op die sypaadjie. Om die koue te verjaag, het hulle met vuilgoed vuurgemaak.

Een van die seuns in die groep was Magozwe. Hy was die jongste.
Magozwe was net vyf jaar oud toe sy ouers gesterf het. Hy het by sy oom gaan bly. Hierdie man het nie vir die kind omgegee nie. Hy het nie vir Magozwe genoeg kos gegee nie en het die seun baie harde werk laat doen.
As Magozwe kla of vrae vra, het sy oom hom geslaan. Toe Magozwe vra of hy skool toe mag gaan, het sy oom hom geslaan en gesê, "Jy is te dom om enige iets te leer."

Na drie jaar van sulke behandeling, het Magozwe van sy oom af weggehardloop. Hy het op die straat gaan bly.
Die straatlewe was moeilik. Die seuns het gesukkel om kos in die hande te kry. Hulle is soms gearresteer of geslaan. As hulle siek was, was daar geen hulp nie.

Die groep was afhanklik van bedelgeld en wat hulle kon verdien deur plastiek en ander herwinbare goed te verkoop.

Gevegte met ander groepe seuns wat beheer oor die stad wou kry het die lewe nog moeiliker gemaak.
Eendag, terwyl Magozwe in asblikke krap, kry hy ’n stukkende storieboek. Hy het die vuilgoed afgevee en die boek in sy sak gesit.

Elke dag het hy die boek uitgehaal en na die prente gekyk. Hy het nie geweet hoe om die woorde te lees nie.
Die prente het die storie vertel van ’n seun wat ’n vlieënier geword het. Magozwe het daarvan gedroom om ook eendag ’n vlieënier te word.
Somtyds het hy hom verbeel dat hy die seun in die storie was.
Dit was koud en Magozwe het op die straat staan en bedel toe ’n man met hom begin praat. "Hallo, my naam is Thomas. Ek werk hier naby by ’n plek waar ’n mens iets kan kry om te eet." Hy het na ’n geel huis met ’n blou dak beduie. "Wil jy nie soontoe gaan om kos te kry nie?" het hy gevra.

Magozwe het na die man gekyk, en toe na die huis. "Miskien," het hy geantwoord en weggeloop.
Oor die volgende paar maande het die daklose seuns daaraan gewoond geraak om vir Thomas te sien. Hy het graag met mense gepraat, veral mense wat op die straat bly. Thomas het geluister na die mense se lewensverhale. Hy was ernstig en geduldig. Hy was nooit lelik of sonder respek nie.

Party van die seuns het smiddae na die geel en blou huis toe gegaan om kos te gaan haal.
Eendag het Magozwe op die sypaadjie gesit en na sy prenteboek gekyk toe Thomas langs hom kom sit. "Waaroor gaan die storie?" het Thomas gevra.

"Dit gaan oor ’n seun wat ’n vlieënier word."

"Wat is die seun se naam?" het Thomas gevra.

"Ek weet nie. Ek kan nie lees nie," het Magozwe saggies gesê.
Uiteindelik het Magozwe sy eie storie vir Thomas vertel. Die storie was oor sy oom en hoe hy weggehardloop het. Thomas het nie baie gepraat nie. Hy het ook nie vir Magozwe vertel wat om te doen nie, maar hy het altyd baie mooi geluister.

Soms het hulle gepraat terwyl hulle by die huis met die blou dak eet.
Met Magozwe se tiende verjaarsdag het Thomas vir hom ’n nuwe storieboek gegee. Dit was die verhaal van ’n arm seun wat ’n bekende sokkerspeler geword het. Thomas het die storie keer op keer vir Magozwe gelees. Eendag sê hy, "Ek dink dit is tyd dat jy skool toe gaan en self leer lees. Wat dink jy?"

Thomas het verduidelik dat hy van ’n plek weet waar kinders kan bly en skool toe gaan.
Magozwe het gedink aan die nuwe plek en aan skool toe gaan. Wat as sy oom reg was – sê nou net hy is te dom om iets te leer? Wat as hulle hom by die nuwe plek gaan slaan? Dis miskien beter om op die straat te leef, het hy gedink.
Hy het sy vrese met Thomas gedeel. Met tyd het die man die seun gerusgestel dat die lewe by die nuwe plek beter sal wees.
Dit is hoe Magozwe uiteindelik in ’n kamer, in ’n huis met ’n groen dak gaan bly het. Hy het die kamer met twee ander seuns gedeel.

Daar het altesaam tien kinders in die huis gebly. Saam met tannie Cissy, haar man, drie honde, ’n kat en ’n ou bok.
Magozwe het begin skoolgaan. Dit was moeilik en hy moes baie werk inhaal.

Somtyds wou hy moed verloor. Maar dan het hy aan die vlieënier en die sokkerspeler in die storieboeke gedink. Net soos hulle het hy nooit moed verloor nie.
Magozwe het eendag gesit en ’n storieboek gelees. Thomas het langs hom kom sit. "Waaroor gaan die storie?" het Thomas gevra.

"Dit gaan oor ’n seun wat ’n onderwyser word," het Magozwe geantwoord.

“Wat is die seun se naam?” het Thomas gevra.

"Sy naam is Magozwe," het Magozwe met ’n glimlag geantwoord.
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Magozwe
Author - Lesley Koyi
Translation - Fanie Viljoen
Illustration - Wiehan de Jager
Language - Afrikaans
Level - Longer paragraphs
© African Storybook Initiative 2015
Creative Commons: Attribution 4.0
Source www.africanstorybook.org
Menu
  • Navigate

    Navigate through the story by swiping right or left or clicking when the cursors changes to an arrow on the right or the left edge of the screen.

    Tap or click on the centre of the page to see, or remove the menu bars at the top and the bottom of the screen. You can also use the ESC key.

    You can use the slider at the bottom as a way to move quickly through the story. On a mobile device tap on the slider before you drag the slider button.

    Click or tap to return to African Storybook.

  • Share
    If you have a Twitter or Facebook account, you can share this story on your page or a page you manage. You can also copy the web link (URL) for this story.
    • Twitter
    • Facebook
    • Url
  • Rate
    Other visitors rated this story

    Tell us how much you liked the story – drag the scroller to highlight one or more stars
    • Submit
  • Comment
    Read other people’s comments on the story, or add your own.
    • Enter your comment
    • Name
    • E-mail
    • Post
  • Translations and adaptations
    • Magozwe
      Akuapem Twi (Translation)
    • ماقزوي
      Arabic (Translation)
    • Magozwe
      Asante Twi (Translation)
    • Magozwe
      ChiTonga (Translation)
    • Magozwe
      CiNyanja (Translation)
    • Magozwe
      Dagaare (Translation)
    • Magozwe
      Dagbani/Dagbanli (Translation)
    • Mokasa
      Dangme (Translation)
    • Magozwe
      English (Original)
    • Magozwe (Colour-in)
      English (Adaptation)
    • Magozwe
      Ewe (Translation)
    • Magozwe
      Fante (Translation)
    • Magozwe
      French (Translation)
    • Ankamafio
      Ga (Translation)
    • Magozwe
      Gonja (Translation)
    • Magozwe
      IciBemba (Translation)
    • UMagozwe
      isiNdebele (Translation)
    • UMagozwe
      isiXhosa (Translation)
    • Mhlaba ngiyakuhlonipha
      isiZulu (Translation)
    • Magozwe
      Kasem (Translation)
    • Magorwa
      Kinyarwanda (Translation)
    • Magozwe
      Kiswahili (Translation)
    • Magozwe
      Kiswahili (Adaptation)
    • Magozwe apata makao mapya
      Kiswahili (Adaptation)
    • Magozwe
      Mampruli (Translation)
    • Magozwe
      Nzema (Translation)
    • Magozwe
      Portuguese (Translation)
    • Magozwe
      Sepedi (Translation)
    • Magozwe
      Sesotho (South Africa) (Translation)
    • Magozwe
      Setswana (Translation)
    • Magozwe
      SiLozi (Translation)
    • Wonkhe umuntfu uneliphupho
      Siswati (Translation)
    • Magozwe
      Talen (Translation)
    • Magozwe
      Tshivenḓa (Translation)
    • Mahewu
      Xitsonga (Translation)
  • Download to read
    Landscape version
  • Download to print
    Portrait (booklet) version
  • Download EPUB