Die koei met net een horing
Sebongile Daniel
Marion Drew

Hieeee! Daar is 'n pragtige koei by die huis.

1

Sy het net een horing en geen stert nie.

2

Sy is vet, met 'n groot maag.

3

Die koei is baie sterk.

4

Die beeswagter hou die meeste van haar.

5

As die ander koeie wei, eet hierdie koei alleen.

6

Hierdie koei is 'n vegter. Die ander koeie los haar uit.

7

Wat sou jy doen as jy so 'n koei sien?

8
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Die koei met net een horing
Author - Sebongile Daniel, Mpho Ntlhanngoe, Khothatso Ranoosi
Translation - Fanie Viljoen, Magdaleen Du Toit
Illustration - Marion Drew
Language - Afrikaans
Level - First words