Kleure van die reënboog
Caren Echesa
Jesse Breytenbach

Die reënboog het sewe kleure.

1

Die eerste kleur is rooi.

2

Kewyu het 'n rooi hemp aan.

3

Die tweede kleur van die reënboog is oranje.

4

Kan jy sien dat die lemoen oranje is? Wat kan jy nog sien wat oranje is?

5

Die derde kleur van die reënboog is geel.

6

Die blom is geel. Wat is daar nog wat geel is?

7

Die vierde kleur van die reënboog is groen.

8

Ons piesangtuin is groen.

9

Die vyfde kleur van die reënboog is blou.

10

Die lug is blou.

11

Die sesde kleur van die reënboog is indigo.

12

Hierdie bessies se kleur is indigo.

13

Die sewende kleur van die reënboog is violet.

14

My rok is violet. Dit is my gunsteling kleur! Wat is jou gunsteling kleur?

15

Ken jy nou die sewe kleure van die reënboog?

16
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Kleure van die reënboog
Author - Caren Echesa
Translation - Meryke Barkley
Illustration - Jesse Breytenbach
Language - Afrikaans
Level - First words