Hamisi se gelukkige dag
Adelheid Marie Bwire
Rob Owen

Hamisi kort nuwe skoolklere.

Sy pa vat hom na die mark toe.

1

Hamisi sien ’n seun met ’n mooi hemp.

"Dis ’n pragtige hemp," dink Hamisi.

2

"Ek wens ek het ’n hemp soos daardie seun s’n," sê Hamisi.

3

"Kyk, sy verkoop daardie mooi hemde," sê Hamisi. "Pa, koop asseblief vir my een," vra hy.

4

"Hamisi, ek moet vir jou skoolklere koop," sê Pa.

5

"Ek het nie genoeg geld vir daardie hemp nie," sê Pa.

6

Hamisi se pa betaal vir die skoolklere. Hy is verbaas toe hy kleingeld kry.

Daar is genoeg geld oor om ’n hemp te koop!

7

Dit is Hamisi se gelukkige dag!

Watter hemp sal hy kies?

8
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Hamisi se gelukkige dag
Author - Adelheid Marie Bwire
Translation - Fanie Viljoen
Illustration - Rob Owen
Language - Afrikaans
Level - First sentences