Juffrou Akinyi
Lawrence A. Konjuro
Vusi Malindi

Hierdie is my onderwyseres.

Haar naam is Juffrou Akinyi.

Sy is baie lief vir my.

1

Juffrou Akinyi leer vir ons die alfabet en die vokale.

Ek kan die klanke a, e, i, o, u sê.

2

Juffrou Akinyi het ons die kleure rooi, blou, groen, geel en swart geleer.

3

Tydens rustyd sing Juffrou Akinyi vir ons 'n wiegieliedjie.

4

Die liedjie gaan so: "Goue sluimer gee vir ons jou oë. Glimlagte wag vir jou in jou drome. Slaap sag, liefling, moenie huil nie. Ek sal vir jou 'n soete wiegieliedjie sing."

5

Juffrou Akinyi ken baie stories.

Elke dag van die week vertel sy vir ons verskillende stories.

6

Op Maandae vertel sy vir ons stories oor goeie mans.

7

Op Dinsdae vertel sy vir ons stories oor goeie vrouens.

8

Op Woensdae vertel sy vir ons stories oor verskillende vervoermiddels.

9

Op Donderdae vertel sy vir ons stories oor boerdery.

10

Op Vrydae vra Juffrou Akinyi dat ons, ons eie stories vir die klas vertel.

11

Ons onderwyseres is die beste juffrou in die wêreld!

As ek groot is wil ek net soos Juffrou Akinyi wees.

12
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Juffrou Akinyi
Author - Lawrence A. Konjuro
Translation - Karien van Wyk
Illustration - Vusi Malindi
Language - Afrikaans
Level - First sentences