Die platgetrapte luis
Zimbili Dlamini
Magriet Brink

Lank gelede was daar twee seuns wat hul koeie verloor het.

Hulle het tot laat na die koeie gesoek.

1

Toe dit donker word, sien hulle 'n huis waar 'n lig brand.

Hulle het besluit om daar vir slaapplek te gaan vra.

2

Hulle gaan na die huis en klop. Die deur maak oop en die seuns gaan in.

Die seuns sien toe niemand in die huis nie, maar hoor hoe 'n stem hulle groet.

3

Die stem sê: "Ek is 'n luis. Maak die pot op die stoof oop en eet van die kos."

4

Die luis trek toe sy vel aan en gaan uit.

5

Die seuns het geëet, gedrink en dankie gesê.

Hulle verlaat toe die huis.

6

Terwyl hulle loop, kry hulle 'n nare gedagte. "Nee, dit kan nie wees dat 'n luis vir ons kos gegee het nie."

Hulle besluit om terug te gaan en op die luis te trap.

7

Toe hulle by die huis aankom, trap hulle die luis dood.

Maar skielik was die luis weg! Die huis het ook verdwyn.

Die seuns het buite in die oopte gestaan.

8
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Die platgetrapte luis
Author - Zimbili Dlamini
Translation - Fanie Viljoen
Illustration - Magriet Brink
Language - Afrikaans
Level - First paragraphs