Die meisie wat ryk geword het
Salaama Wanale
Mango Tree

Eendag, lank gelede, was daar twee susters. Hulle name was Nelima en Nambuya.

Hulle ouers was oorlede en die twee susters het in 'n vervalle hut op droë vlaktes gewoon. Daar was min reën en niks om te oes om te eet nie.

As iemand kos wou hê, moes hulle 'n lang pad stap om dit te gaan haal.

1

Nelima was 'n nederige, stil en hulpvolle meisie.

Haar suster, Nambuya, was trots en het nooit geluister na enige raad nie. Sy het haar nooit oor ander mense ontferm nie.

2

Op 'n dag het die twee susters wakker geword en agtergekom dat hulle absoluut niks het om te eet nie. Hulle moes kos gaan soek.

Nelima en Nambuya het verskillende rigtings ingeslaan op soek na iets om te eet.

3

In dieselfde omgewing het daar 'n ou dame, met die naam Netasile, gewoon. Netasile was 'n melaatse en haar lyf was vol sere.

Mense het geglo dat sy 'n gewer van rykdom was.

4

Nambuya het die ou vrou langs die pad teëgekom.

"My dogter, hoe gaan dit? Waar kom jy vandaan? Waarna toe is jy op pad?" vra Netasile vir Nambuya.

5

Nambuya het al die ou dame se vrae beantwoord.

Toe sê Netasile: "Help my tot by my huis, dan sal ek vir jou mooi sê wat om te doen."

6

Nambuya was baie ongeskik met die ou dame. Sy het gesê: "Ek sal eerder doodgaan as om aan daardie vuil sere van jou te raak."

Die ou dame het maar net stil gebly en vir haar 'n veilige reis toegewens.

7

Nambuya het aangehou met loop. Na 'n lang tyd kom sy op 'n plek waar daar baie duisendpote, slange, ruspes en insekte was.

Sy was baie moeg en swak, want sy het nog niks geeët nie.

Sy het gaan sit om 'n bietjie te rus en hierdie gediertes het haar begin byt.

8

Op háár reis, het Nelima dieselfde ou vrou raakgeloop.  Nelima was baie bly om haar te sien, omdat sy die eerste persoon was wat sy op haar reis ontmoet het.

Die ou vrou het haar nadergeroep en weer dieselfde vrae gevra.

9

Nelima het saamgestem om Netasile te help tot by haar huis.

"Jy het iets gedoen wat baie nie wou doen nie," het die ou vrou gesê.

Sy het vir Nelima 'n stok gegee en vir haar gesê om terug huis toe te gaan waar sy alles sou vind wat sy wou hê.

10

Nelima was baie dankbaar en het Netasile bedank.

Sy het terug huis toe gehardloop en daar het sy 'n nuwe huis, toerusting, vee en volop kos gevind.

Sy was nou baie ryk!

11

Maar sy was hartseer oor haar suster en het oor haar verlies gerou. 

Sy het vir haarself gesê: "Die een wat nie na raad wou luister nie, het in 'n olifant se mond beland."

Dit beteken: as jy nie na raad luister nie, beland jy in die moeilikheid.

12
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Die meisie wat ryk geword het
Author - Salaama Wanale
Translation - Theresa du Plessis
Illustration - Mango Tree
Language - Afrikaans
Level - Longer paragraphs