Die huise wat uit die aarde gegroei het
Mimi Werna
Mimi Werna

In 'n grasveld het vreemde huise uit die grond gelyk of hulle groei.

1

Die kleinste huisies het ongelyke dakke gehad.

Hulle het soos sampioene gelyk wat uit die grond groei.

2

Sommige dakke het wyd gestrek.

Hulle het die huise onder hulle skaduwee gegee.

3

'n Paar huise het alleen gestaan.

Ander het gelyk of hulle langs mekaar staan.

4

Een huis het twee oë en 'n mond gehad.

Dit het gelyk asof dit 'n storie wou vertel.

5

Die dorpie het al hoe groter geword.

Elke huis het anders gelyk.

6

Daar was hoë huise.

Daar was lae huise.

Daar was huise met 'n miljoen vensters.

7

Toe het almal die groot huis raakgesien.

Dit het bo al die ander uitgestaan.

8

'n Akkedis het bo-op gesit.

Miskien het hy die dorp bewaak.

9

Van ver af het die dorpie stil gelyk.

Maar klein bouers het deur verborge tonnels beweeg.

10

Niemand het gesien hoe hulle stukkies grond dra nie.

Dag na dag het hulle binne-in die huise gewerk.

11

Die huise is nie deur mense gebou nie.

Termiete het hulle van grond en water gemaak.

Dit was die huise wat uit die aarde gegroei het.

12
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Die huise wat uit die aarde gegroei het
Author - Mimi Werna
Translation - Mikayla De Witte
Illustration - Mimi Werna
Language - English
Level - First paragraphs