

Eendag lank gelede ,Padda en ou slang was goeie vriende. Hulle huise was naby aan mekaar en hul kinders het altyd saam gespeel.
Padda se eendag vir slang,"my vriend ek wil volgende week my ma gaan kuier.Wil jy saam gaan met my?
"Ek sal baie bly wees",antwoord slang. "Goed, kom ons berei ons voor vir n baie lang toer,antwoord padda. Ons moet ook iemand kry wat na ons huise sal kyk antwoord sy.
Hulle vra vir bobejaan want hy is goed en verantwoordelik. Bobejaan stem toe in om hul huise op te pas.
Gedurende die daarop volgende dae was die twee vriende besig om voorbereidings te doen vir hulle toer. Padda versamel wit miere en pak dit in n groot sak. Haar ma geniet dit om wit miere te eet.
Die dag van hul toer het aangebreek en hul vertrek net met sonsopkoms.Hulle het vinnig die die woud bereik. Soos hul deur die woud begin stap het kwaai erdmanne bymekaar geskarel om hul aan te val
Slang was so bang dat sy begin bewe het. Sy jaag die erdmanne weg met harde geluid maar hule het nie ophou om nader te kom
Net toe die erdmanne hul wil begin aanval, het padda klip hard gekwaak. Die erdmanne het so bang geword laat hul weggehardloop het.
Toe die twee vriende eindelik by ou padda se ma se huis kom, was hul baie moeg en honger.
Toe die kos gereed was het padda en slang gewas en daarna gaan sit en eet.
Voordat hul begin eet het se padda, slang jy kan nie le en eet. Dit is swak maniere. Sit asseblief regop anders sal my ma sleg voel.
Slang probeer baie hard om te sit soos n padda,maar sy kry dit nie reg.
Intussen het padda en haar ma begin eet.
"Ek kan nie regop sit nie pleit slang by padda, maar padda wou nie luister nie.
Slang was so ongelukkig dat sy besluit om terug na haar huis toe te gaan.Sy het nie die paddas gegroet toe sy gegaan het nie.
Oppad huis toe besluit sy om vir padda n les te leer.

