

Tamara is vyf jaar oud. Sy woon saam met haar gesin.
Haar dorpie is naby 'n bos waar daar wilde diere bly.
Tamara is gehoorsaam aan haar ouers.
Sy pas die skape en bokke op.
Tamara hou daarvan om te luister hoe die voëls sing wanneer sy die diere oppas.
Terwyl die voëls sing, maak sy haar eie woorde op vir hulle liedjie.
Tamara is te jonk om skool toe te gaan.
Haar ouers laat net die ouer kinders, Nashipae en Tasieku, toe om skool toe te gaan.
Die skool is 10 kilometer ver.
Nashipae en Tasieku gaan soggens saam met ander kinders van die dorpie skool toe en kom in die aand terug.
Hulle dra hul kos in klein houers saam.
Tamara vra vir haar ma: "Wanneer kan ek ook skool toe gaan?"
Haar ma antwoord: "Jy kan binnekort gaan, my liefste kind."
Eendag kom daar 'n motor aan met die hoofman en twee vroue.
Die hoofman maak seker dat kinders op die regte ouderdom skool toe gaan.
Die mense glo as 'n kind haar arm oor haar kop kan strek en aan haar oor kan raak, dan is sy gereed om skool toe te gaan.
Die hoofman vra: "Hoe oud is jy?"
"Ek is vyf jaar oud," antwoord Tamara.
"Kom ons kyk of jy skool toe kan gaan," sê die hoofman.
Een van die vroue neem Tamara se regterhand en plaas dit saggies oor haar kop.
Tamara raak aan haar linkeroor.
Tamara moet na 'n ander skool as Nashipae en Tasieku gaan.
Dis 'n nuwe een, en nader aan die huis.
Tamara is baie bly.
Nou sal ek ook kan lees ek skryf soos Nashipae en Tasieku, dink sy.

