Son, Maan, Reën en Wind
Khothatso Ranoosi
Children of Paleng

Lank, lank gelede het Son, Maan, Reën en Wind met mekaar baklei.

1

Die probleem was dat Son die hele dag wou skyn.

Maan wou haar lig elke dag laat skyn.

Reën wou elke dag reën, en Wind wou elke dag waai.

Hulle wou nie vir mekaar 'n kans gee nie.

2

Toe besluit hulle om saam te gaan sit en oor die saak te praat.

Son vra vir Maan: "Wat doen jy om die aarde te help?"

Maan antwoord: "Ek skyn in die nag sodat die diere kan jag."

3

Maan vra vir Reën: "Wat doen jy om die aarde te help?"

Reën antwoord: "Ek gee vir die aarde water sodat die bome en plante goed kan groei. Ek gee vir die diere water om te drink."

4

Reën vra vir Wind: "Wat doen jy om die aarde te help?"

Wind antwoord: "Ek vee die aarde skoon. Ek versprei die reën oor die hele aarde."

5

Wind vra vir Son: "Wat doen jy om die aarde te help?"

Son antwoord: "Ek gee lig en warmte aan die aarde sodat die diere en plante kan lewe."

6

Son, Maan, Reën en Wind luister goed na mekaar.

7

Toe sê Son: "Dit is waar dat elkeen van ons die aarde op 'n spesiale manier help."

"Ja," sê Maan. "Nie een van ons is beter as die ander nie."

"Ons kan saamwerk," sê Reën.

Wind sê: "Kom ons deel dan die dae tussen ons." Almal stem saam.

8

En dit is waarom 'n mens soms die maan sien wanneer die son skyn.

En soms voel 'n mens die wind wanneer dit reën.

Son, Maan, Reën en Wind werk baie goed saam. Hulle verstaan mekaar.

9

Hou jy van die son, die maan, die reën of die wind?

Teken die een waarvan jy die meeste hou.

10

Ons het die aarde nodig sodat ons kan leef. Sy gee vir ons kos en skuiling, diere en plante.

Alles help ons op die een of ander manier.

Op ons beurt kan ons almal iets doen om ons aarde te help.

Wat kan jy doen om die aarde te help?
Skryf dit neer.

11
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Son, Maan, Reën en Wind
Author - Khothatso Ranoosi
Translation - Fanie Viljoen, Magdaleen Du Toit
Illustration - Children of Paleng
Language - Afrikaans
Level - Longer paragraphs