

Dit is Kat.
Dit is Hond.
Kat en Hond wil teken.
Kat en Hond wil inkleur.
Kat en Hond wil prente maak.
Hond begin.
Hy vat 'n potlood en hy vat papier. Die papier is 'n vierkant.
Eers teken Hond 'n ovaal.
Die ovaal is Kat se lyf.
Sjoe, dit is maklik!
Dan teken hy twee driehoeke bo-op die ovaal.
Die twee driehoeke is Kat se ore. Hy teken ook 'n swart driehoek binne-in die ovaal.
Die swart driehoek is Kat se neus. Hy teken 'n lyn bokant die neus.
Nou teken hy Kat se oë en sy wenkbroue.
Die oë is twee kolle.
Die wenkbroue is twee lyne.
Sjoe, dit is maklik!
Die prent is amper klaar.
Hy teken Kat se arms en bene.
Die arms en bene is lyne. Hy teken ook Kat se tone.
Die tone is sirkels. Dan teken hy Kat se stert.
Die stert is 'n lang lyn.
Heel laaste teken hy strepe op Kat se lyf. Hy kleur die lyf oranje in.
Nou is die prent klaar.
Sjoe, dit is mooi!
Nou is dit Kat se beurt.
Hy vat 'n potlood en hy vat 'n vel papier.
Die papier is 'n reghoek.
Kat teken eers 'n ovaal.
Die ovaal is Hond se lyf.
Sjoe, dit lyk goed!
Dan teken hy twee swart vorms bo-op die ovaal.
Die twee swart vorms is Hond se ore. Hy teken ook 'n swart sirkel in die ovaal.
Die swart sirkel is Hond se neus. Kat teken 'n lyn bokant die neus.
Nou teken hy Hond se oë en sy wenkbroue.
Die oë is twee kolle.
Die wenkbroue is twee lyne.
Sjoe, dit lyk perfek!
Dan teken hy Hond se mond.
Die mond is 'n lyn.
Die mond se vorm is weer soos die letter "w". Kat teken kolletjies om Hond se mond.
Drie aan die linkerkant en drie aan die regterkant.
Die prent is amper klaar.
Hy teken Hond se arms en bene.
Die arms en bene is lyne. Hy teken ook Hond se tone.
Die tone is sirkels. Nou teken hy Hond se stert.
Die stert lyk soos 'n blom.
Heel laaste teken hy swart kolle op Hond se lyf. Hy kleur die lyf geel in.
Nou is die prent klaar.
Sjoe, dit lyk wonderlik!
Tot siens, Kat.
Tot siens, Kat se prent.
Tot siens, Hond.
Tot siens, Hond se prent.

