Oscar die Haai
Ethan Alberts
Ethan Alberts

Oscar het probleme met sy oë.
Hy kan glad nie die visse sien nie.

1

Maar, hy wil nie wortels eet nie.
Glad nie!

2

Sarel Seeperd sê gereeld vir Oscar: "Oscar, jy moet jou wortels eet!"

3

Maar Oscar hou glad nie van wortels se smaak nie!

4

"Die wortels sal jou help om beter te kan sien," sê Sarel.

5

Oscar gaan dokter. Hy en Sarel wag vir die dokter.

6

"'n Bril sal jou beslis help om beter te kan sien," sê die dokter.

7

Maar Oscar wil ook nie 'n bril dra nie!

8

Nou kan Oscar die visse sien en nou eet hy graag wortels saam met sy vis.

9
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Oscar die Haai
Author - Ethan Alberts
Translation - Meryke Barkley
Illustration - Ethan Alberts
Language - Afrikaans
Level - First words