Op die plaas
Little Zebra Books
Marleen Visser

'n Hond is 'n troeteldier. Hy help die boer om die plaasdiere op te pas.

1

Die eend swem graag in die dam met al haar kleintjies.

2

Die bul het groot horings. Hy vreet gras in die weiveld.

3

Die donkie kan goed op sy rug dra. Hulle wil nie altyd luister nie.

4

Daar is baie muise op die plaas wat graag die koring eet.

5

Die kat is ook 'n troeteldier wat die boer help. Hy vang al die muise.

6

Die skape het baie wol wat die boer kan verkoop.

7

Daar is ook bokke op die plaas. Hulle is lekker stout!

8

Die varke rol graag in die modder. Hulle vreet graag.

9

Die henne lê baie eiers. Die boervrou gebruik die eiers en verkoop die res.

10

Muis kruip weg vir Kat!

11
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Op die plaas
Author - Little Zebra Books
Translation - Meryke Barkley
Illustration - Marleen Visser
Language - Afrikaans
Level - First words