Sirkel die Leeu
Caroline Egli

Sirkel die Leeu bly in 'n wêreld gemaak van sirkels.

1

Hy drink water by die ronde watergat.

Hy speel met ronde klippe.

Hy slaap onder ronde rotse.

Hy droom van ronde vriende.

2

Hy verlaat sy ronde wêreld opsoek na 'n maatjie wat soos hy lyk.

3

Net agter die ronde bos ontdek hy 'n nuwe werêld!

4

Daar sit 'n dier voor die huis.

"Hallo, waar is ek?" vra Sirkel die Leeu.

"Jy is in die wêreld van driehoeke," antwoord Kat hom.

"Regtig? Is niks dan rond nie?" vra Sirkel die Leeu.

"Nee, ons is mal oor ons hoeke. Kyk, ons het drie hoeke," antwoord Kat.

5

"Dit gaaf om jou te ontmoet, Kat, maar ek is opsoek na 'n maatjie wat soos ek lyk," sê Sirkel.

"Jy kan bo-op die berg gaan kyk, daar is nog 'n wêreld," sê Kat.

6

Sirkel begin stap en sommer gou sien hy die diere. Hy voel opgewonde!

7

"Waar is ek?" vra Sirkel.

"In ons reghoekwêreld, sê Olifant.

"Is niks dan rond nie?" van Leeu

"Nee, sê Kameelperd. "Ons is baie lief vir ons vier hoeke."

8

"Dit is gaaf om julle te ontmoet, maar weet julle dalk waar ek 'n ander wêreld kan kry?" vra Sirkel.

"Jy kan saam met ons speel," sê Slang.

"Nee dankie, ek soek maatjies sonder hoeke," sê Sirkel die Leeu.

9

Baie hartseer stap Sirkel die Leeu weg van die reghoeke en driehoeke.

10

Hy het geen idee waar om 'n ronde vriend te kry niel

Hy besluit om eers 'n bietjie onder die boom te gaan rus.

11

"Joohoo, wie is jy en wat doen jy hier?" vra die Luiperd.
"Ek is Sirkel die Leeu en ek is opsoek na iemand wat rond is om met my te speel. Maar ek kry net driehoeke en reghoeke. Kan jy my dalk help asseblief?"

12

"Ek het baie kolle op my pels, kan ons saam speel?" vra Luiperd.
"Dis 'n slim plan!" sê Sirkel Leeu.

Die twee het vir 'n baie lang tyd baie lekker saam gespeel.

13

Eendag raak hulle moeg vir mekaar en net die kolle.
"Ek dink dit sal lekker wees om saam met ander maatjies te kan speel," sê Luiperd.
"Onthou jy dat ek jou van die ander wêrelde vertel het?" vra Sirkel Leeu.

14

"Die wêrelde met driehoeke en reghoeke?" vra Luiperd.

"Ja! Ons kan saam met hulle probeer speel," sê Sirkel die Leeu.

"Dis 'n blink plan, kom ons hou 'n partytjie!" sê Luiperd.

15

Hulle stuur 'n uitnodiging aan al die diere.

16

Al die diere kom na die partytjie!!
"Kyk Sirkel Leeu, ons kan ons vorm soms verander," sê Muis. "Dis nou pret," sê Sirkel Leeu.

17

Gou-gou besef die diere dat saam kan hulle nog vele ander vorms bou.

18
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Sirkel die Leeu
Author - Caroline Egli, Precious Hlophe, Michelle Kast and Khabonina Masilela
Translation - Meryke Barkley
Illustration -
Language - Afrikaans
Level - First paragraphs