Reën vir Nomvula
Letta Machoga
Marleen Visser

"Nee Nomvula! Moenie in die water mors nie. Dit is baie skaars!" "Maar dis warm Mama! Ek wil graag in die water speel. Ek wil lekker afkoel !"

1

"Nee Nomvula! Moenie met die water mors nie. Dit is baie skaars!" "Maar dis warm, Mama en ek is dors. Ek hou daarvan om koue water te drink."

2

Dit reën. Nou gaan daar baie water wees. Nou kan ek nie speel nie. Ek wens dit was warm.

3

Kyk na die groente. Hulle groei en is besig om van kleur te verander word. Die komme en emmers loop oor van al die water.

4

Dit het opgehou met reën. Nou kan ons speel! Kyk net hoe pragtig lyk alles na die reën. Die lug is skoon en mooi blou. Die bome en gras is 'n pragtige groen kleur. Oral staan daar blomme.

5

Ag nee! Daar reën die alweer! Waar gaan ons speel?

6

Ek gaan beslis speel. Al reën dit ookal. Sjoe, maar dis lekker om in die reën te speel! Nou is dit te laat! My hare! My hare is nat!

7

" Nomvula my kind, jy wil net nie luister nie! Kom nader sodat ek jou hare kan droogmaak en kan kam. Dis te laat, jou hare is sopnat!"

8
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Reën vir Nomvula
Author - Letta Machoga
Translation - Meryke Barkley
Illustration - Marleen Visser
Language - Afrikaans
Level - First paragraphs