Son en Reën
Annet Ssebaggala
Wiehan de Jager

Son en Reën het eendag baklei oor wie die sterkte is. "Ek is baie sterk," sê Son. "Ek is nog sterker," sê Reën.

1

Die volgende oggend is Son baie vroeg wakker. Hy skyn die hele dag mooi helder. Die mense was hulle klere. Dit vat nie lank vir die klere om droog te word nie. "Sien, ek is die sterkste," sê Son.

2

Die volgende oggend word Reën baie vroeg wakker. Die hele dag lank reën dit baie hard. "Sien, ek is die sterkste," sê Reën.

3

In Januarie en Februarie staan Son sommer baie vroeg op en skyn heerlik die hele dag lank. Die gewasse en gras word alles droog. Die mense raak dors. Die diere het geen water nie.

4

Dit is oral warm. Die mense soek na riviere om te gaan swem.

5

In Maart begin dit skielik reën. Dit reën in die oggend. Dit reën in die middag en dit reën in die aand.

6

Alles is nat. Dit het begin ook koud raak. Die mense dra lang jasse en groot hoede. Alles is vol modder!

7

Die boere raak opgewonde. Hulle plant baie gewassse vir kos. Hulle hoop dat die gewasse gou sal groei sodra die reën ophou.

8

Na 'n tydjie is almal moeg vir Reën. Die diere begin soek na veilige plekke waar dit droog is.

9

Uiteindelik kom Son uit, maar hy is baie swak. Die weer het kouer geraak.

10

Niemand hou van hierdie weer nie!

11

Die mense begin wonder oor Son en Reën. Hulle wil weet wie die sterkste is. Wat dink jy? Wie is die sterkste? Son of Reën?

12
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Son en Reën
Author - Annet Ssebaggala
Translation - Meryke Barkley
Illustration - Wiehan de Jager, Marleen Visser, Catherine Groenewald, Melany Pietersen, Jesse Breytenbach, Genevieve Terblanche
Language - Afrikaans
Level - First paragraphs