

Simamkele hou baie van poppe. Mamma koop gereeld vir hom poppe. Sy gunsteling pop is Siza. Sima wil eendag 'n verpleër wees.
Hy gebruik graag Mamma se romp en draai dan in die rondte. En net so verander hy in 'n verpleër. Hy speel hospitaal-hospitaal. Hy maak vir siek Siza en die ander poppe gesond.
Waarookal Sima is, daar is Siza ook.
Sima se vriende hou nie vir Siza nie. Hulle gryp die pop en druk sy kop in die toilet.
Toe Pappa by die huis kom is Sima besig om Siza te verpleeg. "Wat doen jy?" vra Pappa. "Ek is 'n verpleër," sê Sima. "Wil Pappa saam speel?" vra Sima. "Ja, maar dan moet ons sokker in die parkie gaan speel, sê Pappa.
Sy vriende sien hoe hy en Pappa sokker speel. Hulle begin saam speel.
Sima en Pappa speel nou gereeld sokker, maar hulle het nogsteeds nie met die poppe gespeel nie
Eendag speel Sime hospitaal-hospitaal met sy poppe. Hy hoor Mamma roep: "Sima! Hardloop gou! Pappa wag vir jou in die parkie.
"Hoekom het jy 'n romp aan?" vra Pappa kwaai. Net mooi op daardie oomblik vlieg 'n bal uit die lug.
Die bal tref vir Pappa en Pappa val. Almal skrik, maar nie Sima nie. Pappa se kop bloei. Sima buk en maak die handdoek om Pappa se kop vas. "Bel die ambulans!" skree Sima.
"Pappa het steke in sy kop nodig. Jy het alles reg gedoen Sima," sê die verpleër. Sima voel trots.
"Jy is 'n held, Sima! Jy sal eendag 'n baie goeie dokter uitmaak," sê die verpleër.
"Maar ek wil 'n verpleër wees nes jy," sê Sima.
"Baie dankie, verpleër Sima," sê Pappa, Nou speel Sima en Pappa hospitaal-hospitaal en sokker!


