Bettie en die Borrels
Sorit Gupto
Sorit Gupto

Bettie hou daarvan om met skoenlappers te speel...

1

en ook met die voëltjies.

2

Sy speel graag met bootjies van papier.

3

Dit is vetpret om sandkastele te kan bou.

4

Wanneer Bettie by die huis kom vra Mamma haar om te gaan bad.

5

"Ek haat seep!" skree sy.

6

Een nag het Bettie 'n droom.
Daar is kieme reg rondom die kasteel.
Die kieme val haar aan!

7

Bettie word deur kieme gejaag.
Sy hardloop so vinnig as wat sy kan.
"Help! Help!" skree sy.

8

Skielik verskyn die Koning Seep .
"Moenie bang wees nie, Bettie," sê hy.
Koning Seep beveel sy weermag van borrels om die kieme aan te val.

9

Die weermag van borrels jaag die kieme weg.

10

Nou hou Bettie sommer baie van seep.
Sy skrop haarself tog te mooi skoon!

11
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Bettie en die Borrels
Author - Sorit Gupto
Translation - Meryke Barkley
Illustration - Sorit Gupto
Language - Afrikaans
Level - First sentences