My gesig
Little Zebra Books
Sue Beattie

Ek het twee ogies.

Ek kan sien met my ogies.

1

Ek het twee ore waarmee ek luister.

Ek kan alles om my hoor.

2

Ek het een mond.

Ek kan praat, eet en sing met my mond.

3

Ek het een neusie.

Daarmee kan ek alles ruik.

4

Hierdie is my ken.

My ken is onder my mond.

5

Ek moet mooi na my tande kyk.

Ek borsel hulle elke dag.

6

My tong is binne-in my mond.

Dit help my om te praat, eet en te proe.

7

My twee wange kan ek opblaas, nes 'n ballon!

8

My wenkbroue sit bo my oë.

Hulle beskerm my oë.

9

My hare is op my kop.

Daar is baie verskillende kleure hare.

10
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
My gesig
Author - Little Zebra Books
Translation - Meryke Barkley
Illustration - Sue Beattie
Language - Afrikaans
Level - First words