Waar kom ons kos vandaan?
Valencia Casling
Jonathan Field

Dit is binnekort lente. Thandi en haar ma werk dan graag in die tuin waar hulle groente en vrugte plant. Hierdie vrugte en groente gee hulle dan aan die haweloses.
Thandi se ma het saadjies van die dorp af gebring.

1

Thandi is baie opgewonde om die saadjies te plant wat haar mamma gekoop het. Sy spandeer die hele dag om die tuin reg te maak. Sy maak verskillend beddings om die saadjies daar te plant.
Thandi werk hard om alles klaar te kry voordat haar ma huis toe kom.

2

Toe Mamma by die huis kom begin hulle die saadjies saai. Hulle saai pampoen, aartappel- en tamatie saadjies.
Hulle saai ook blomkool en uie.

3

Thandi en haar ma maak elke oggend die saadjies nat en sing vir hulle.
In die middae lees Thandi vir hulle. Sy glo dat die saadjies alles verstaan. Die saadjies word haar maats.

4

Die saadjies groei en groei en groei en groei.
Thandi sien eendag insekte op die plantjies. Die insekte wil die plantjie eet. Sy en haar ma spandeer nou nog meer tyd in die tuin.

5

Die plantjies word groter en groter in die son.

6

Thandi en Mamma kyk mooi na die plantjies.

7

Die kool stoot deur die grond en word groot groen bale. Die tamaties is mooi rooi. Die aartappels is lekker groot.
Die groente kan nou geoes word.

8

Thandi en haar mamma pluk al die groente. Hulle verdeel dit tussen die hawelose mense. Die mense is baie bly oor die groente.

9
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Waar kom ons kos vandaan?
Author - Valencia Casling
Translation - Meryke Barkley
Illustration - Jonathan Field, Catherine Groenewald
Language - Afrikaans
Level - Longer paragraphs