Trap vas en was!
Jean de Dieu Bavugempore
Rob Owen

Mamma, Pappa en Lina gesels oor hoe 'n mens gesond kan bly.

1

Lina het by die skool gevra: "Hoekom moet ons ons hande was?"

2

Juffrou het gesê: "Daar is kieme aan ons hande, maar ons kan hulle nie sien nie."

3

"Kieme is baie klein. Ons het 'n mikroskoop nodig om hulle te sien."

4

Lina kyk deur die mikroskoop.

Sy sien die kieme op haar hande.

5

"Virusse en bakterieë is soorte kieme.

Kieme kan ons siek maak."

6

"As ons ons hande was, keer dit dat die virusse en bakterieë versprei," sê Juffrou.

7

Pappa maak 'n staander om hande te was.

8

Lina vra: "Hoe werk hierdie staander?"

9

"Die houttrap laat die waterhouer kantel en dan loop die water uit."

10

"Was met seep en water. Tel stadig tot by 20 terwyl jy was."

11

"Dis slim, Pappa! Goed, kan jy my nou met jou elmboog groet?"

12
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Trap vas en was!
Author - Jean de Dieu Bavugempore
Translation - Magdaleen Du Toit
Illustration - Rob Owen
Language - Afrikaans
Level - First sentences