Oupa was siek
Little Zebra Books
Leo Daly

Ek dra altyd 'n masker wanneer ek uitgaan.

Die masker beskerm my. Dit beskerm ook ander mense.

1

Ek was my hande met seep en water voordat ek uit die huis gaan.

En ook wanneer ek weer tuis kom.

2

As ek my maatjies groet, raak ons net met ons elmboë aan mekaar.

3

My oupa het baie siek geword. Hy het hospitaal toe gegaan.

Pappa het elke dag gebel om te hoor hoe dit met Oupa gaan.

4

Oupa was baie fiks en gesond voordat hy siek geword het.

Hy het weer beter geword.

5

Toe begin my boetie hoes.

"My keel is seer," sê hy.

6

"Hoes in jou elmboog," sê my tannie.

"Dra 'n masker. Staan op 'n afstand! Bly in jou bed!" sê sy vir hom.

7

My boetie het in die bed gebly en gelees.

8
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Oupa was siek
Author - Little Zebra Books
Translation - Magdaleen Du Toit
Illustration - Leo Daly, Magriet Brink
Language - Afrikaans
Level - First sentences