Hergeboortenis van ʼn koninkryk
Gabeba Brown
Gabeba Brown

Die stryd-moeë koning het sy uitgeputte volgelinge na die sand duine van die
Kaapse vlakte gelei, om daar te woon.


Statige
Tafelberg het haar bes probeer om hulle teen die moeilike weersomstandihede
te beskerm.

1

Die koning se diensknegte het bitterlik oor hul nuwe
tuiste gekla.


Hulle kon nie die
bloedinge sommers of die koue, nat winters verduur nie. Hulle kon nie
stekende sand en huilende wind verduur nie.

2

Fynbos en Rooibos
was die koning se getroue
raadgewers. Eendag, nader hulle hul
koning.


“Almal sukkel onder hierdie swaar omstandighede. Kan ons na ʼn plek
gaan waar die lewe makliker sal wees?”

3

Koning Protea glimlag
vir sy raadgewers en praat toe sagkuns.


“Julle is lojaal en ek
luister na julle bekommernis maar hierdie is nou ons tuiste.

4

Die son het op die koninkryk
van die Kaapse vlakte neergeslaan. Die hitte was ondraaglik. ʼn Veldbrand breek toe uit.


Woedende winde het die vlamme
aangehits. Die vlamme het
oor Koning Protea se koninkryk gekruip en vernietig
alles.

5

Toe die vuur uiteindelik gesterf het, het dit ʼn skokende toneel nagelaat wat van Hoerikwaggo tot by die Kaapse vlakte strek.


Die landskap was kaal vir maande.
Seisoene het gekom en seisoene het gegaan. Winterreën het op die aarde
neergestort.

6

ʼn Wonderwerk, onbekend aan almal,het onder
die grond begin. Die sade
wat die veldbrand oorleef
het, het oopgebars. Hulle
was gereed om te groei.


Met ongelooflike wilskrag, het die saailinge op na die lig gegroei
om kleurvolle knoppies te onthul.

7

Die landskap was weereens versier met regale proteas, wesenlike fynbos en genesende rooibos.


Plante in die Kaapse blommeryk
hou steeds aan om onder die uiterste omstandighede van die Kaapse vlakte te floreer.

8
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Hergeboortenis van ʼn koninkryk
Author - Gabeba Brown
Translation - Gabeba Brown
Illustration - Gabeba Brown
Language - Afrikaans
Level - Longer paragraphs