Die diere grawe 'n put
Francisco Escondido
João Carlos Brito

Dit het gebeur die jaar toe dit nie gereën het nie. Die bome het verdroog en doodgegaan.

Die riviere het verdwyn en die water het opgedroog.

Mens en dier het van honger en dors begin doodgaan.

1

Leeu en Olifant, die leiers van die diere, het bymekaar gekom om die situasie te bespreek.

Leeu sê: "Ons sal doodgaan van die dors. Kom ons roep almal bymekaar en praat daaroor om 'n put te grawe sodat ons van die put se water kan drink."

Olifant stem in en gaan versprei die nuus onder al die diere: "Koning Leeu en Olifant roep ons almal!"

2

Al die diere kom onder 'n baie groot boom bymekaar om die situasie te bespreek.

Toe begin Leeu praat: "Kyk, my broers! Vanjaar het dit nie gereën nie. Almal sterf van honger en dors. Kom ons maak nou 'n plan om 'n put te grawe sodat ons die put se water kan drink."

3

En al die diere stem saam en gryp onmiddellik skoffels, grawe en pikke en begin grawe.

4

Maar Haas is nie daar nie. Die diere val dadelik weg. Hulle grawe. En hulle grawe. En hulle grawe nog 'n bietjie. En uiteindelik kom hulle by water uit.

Toe hulle die water sien, sê Leeu: "Wat het ons gedoen om by die water uit te kom? Waarom het Haas nie kom help om die put te grawe nie? Hy sal beslis nie van hierdie water drink nie!"

5

Later kom Haas daar aan en sien die put. En hy sê: "Hello, hello by die put!" En hy hoor niks nie.

En toe klim hy in, skep 'n bietjie water en toe hy klaar is, plas hy nog 'n rukkie in die water rond.

6

Die volgende dag, toe die diere na die put toe kom, sien hulle dat hul put 'n groot gemors is. Dit lyk soos 'n modderpoel. En hulle vra: "Wie sal so iets doen?"

En iemand anders sê: "Ek is seker dis Haas, want terwyl ons besig was om die put te grawe, was hy skoonveld."

En die diere besluit toe dat een van hulle by die put moet waghou. Hulle kies vir Bobbejaan om 'n ogie te hou.

7

Terwyl Bobbejaan waghou, kom Haas in die nag na hom toe en sê: "Hello! Hello! by die water!" En hy hoor niks. En toe sê hy weer: "Hello! Hello! by die water!"

En Bobbejaan antwoord: "Hier is ek!" Haas kom toe nader en groet vir Bobbejaan. "My vriend, ek het gekom en ek het dit saamgebring wat die ou grotes graag eet!" En Bobbejaan antwoord: "Maar laat ons sien."

Haas het 'n bietjie heuning en hy stap na Bobbejaan toe en sê: "Ja, my vriend, proe bietjie hieraan!" Haas gee vir hom die heuning. Toe trek hy water uit die put op. Net toe Haas wegstap, kom Hiëna daar aan, en hy sien vir Haas.

8

Die volgende dag vertel Hiëna vir al die diere dat Haas water uit die put gesteel het. Hulle kies toe vir Skilpad om die put op te pas.

Skilpad hou wag toe Haas die aand opdaag en sê: "Hello by die put!" Niemand gee antwoord nie. "Hello by die put!" sê hy weer. En hy hoor geen geluid nie.

En hy gaan in en begin met homself praat: "Dis hoe sake staan! Ek is Haas! En ek het 'n bietjie water kom drink."

9

Toe Skilpad by die put aankom, het hy tussen die rotse weggekruip. En sy het net soos een van die rotse gelyk.

Toe Haas in die water ingaan, gryp Skilpad vir Haas aan die poot.

Haas sê: "Oeps, jy het my nie gekry nie. Jy het 'n stok vasgegryp!" Maar Skilpad sê nie 'n woord nie en sit net daar en hou vas tot die son opkom.

10

Toe die diere daar opdaag, sien hulle dat Skilpad vir Haas gevang het. Hulle roep toe die res van die diere bymekaar om te besluit wat om met Haas te doen.

Toe al die diere byeen is, vra Leeu vir hulle: "Wat sal ons met hierdie Haas doen?"

En Skilpad sê: "Ek wil hê Olifant moet hom met haar slurp vasgryp en hom teen hierdie rotse moker." En al die ander diere stem saam.

11

Toe sê Haas: "O Grote Leeu, u weet dat hase nie doodgaan as iemand hulle teen die rotse moker nie. 'n Haas sal net doodgaan as hy in die as gegooi word."

Leeu sê toe vir Olifant om vir Haas vas te gryp. En Olifant tel hom op en begin om hom in die as te stamp.

12

Toe hy heeltemal toe is onder die as, tel Olifant hom op en gooi hom teen die grond neer.

Toe hy die grond tref, is daar 'n groot stofwolk: Foeee! En die stof is orals. Toe die diere die stof sien, lag hulle baie lekker.

13

Toe die stof gaan lê, kyk al die diere rond, maar Haas is weg!

En toe weet hulle dat Haas hulle al weer uitoorlê het.

14

15
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Die diere grawe 'n put
Author - Francisco Escondido, Little Zebra Books
Translation - Little Zebra Books
Illustration - João Carlos Brito
Language - Afrikaans
Level - Read aloud