Nakehi en die Boontjies
Estevâo Campama
N D Mazin

Een dag het Nakehi en sy vrou vir Nipapariya en sy vrou gaan kuier.

1

Toe die paartjie aankom groet Nipapariya en sy vrou hulle met hoflikheid.

2

Hulle maak toe 'n hoender dood en kook dit.

3

En hulle eet saam.

4

Die volgende week kom kuier Nipapariya en sy vrou en vir Nakehi en sy vrou.

5

Toe hulle aankom was Nakehi nie by die huis nie.

6

Hy het 'n strik gaan stel vir 'n fisant.

7

Nakehi kom toe terug, en sien toe sy vriende. Hy was so gelukkig.

8

Hy gaan sien toe wat sy vrou besig was om te kook.

9

Sy was besig om boontjies to kook.

10

Hy skop die boontjies oor en storm by die huis uit.

11

Hy vertel toe vir sy vriende dat hy 'n strik gestel het naby 'n nes met fisante eiers.

12

Terwyl hulle praat, hoor Nakehi die roep van die fisant. Die gefluit vertel hom iets.

13

Die voël was vasgevang in die strik.

14

Nakehi spring regop, druk sy mes in sy belt, en hardloop om die fisant te vang.

15

Hy bewe met opwinding en gryp die fisant met een hand.

16

Met sy ander hand gryp hy die eiers.

17

Nakehi loop terug huistoe, vol trots.

18

Maar, terwyl hy loop sny sy mes stadig deur sy belt.

19

Trots loop Nakehi tot by sy huis.

20

Op daardie oomblik breek sy belt en sy lende doek val af tot by sy enkels.

21

Hy probeer toe om die lap te gryp, maar laat die voël los.

22

Dit vlieg toe weg. Die eiers lê gebreuk op die grond.

23

Nipapariya en sy vrou lag en lag.

24

Hulle sit toe en eet die boontjies wat oorgebly het.

25
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Nakehi en die Boontjies
Author - Estevâo Campama, Simōes Duarte, Zacarias Pedro
Translation - Gillian Basson
Illustration - N D Mazin
Language - Afrikaans
Level - First paragraphs