Land van Geen Ou Mense
Cleófas Samo
Little Zebra Books

Lank gelede het hierdie gebeur in 'n dorp waar 'n bende van jong mense besluit het om all die ou mense dood te maak, so dat hulle kon ophou om towerkuns te doen.

1

Maar een van die jong mense het sy Pa gevat en hom weggesteek in die woestyn.

2

Na dat hy dit gedoen het, het die bende begin om ou mense dood te maak.

3

Net toe het 'n slang vanuit die woestyn gekom. Die slang het in die maag van 'n klein kind ingegaan.

4

Die slang het aanhou om sy kop by die mond van die kind uit te steek.

5

Die ouers van die kind en all die ander mense het als probeer om die probleem op te los. Maar hulle het agtergekom as hulle die slang wou dood maak dan sou hulle ook die kind dood maak.

6

DIe jong man, wat sy pa weggesteek het, het na hom to gegaam en hom alles vertel wat gebeur het. Die ou man sê toe, "Dis die maklikste ding in die werêld om reg te kry."

7

Die ou man het gesê, "Vind 'n padda en sit dit naby die slang. Jy sal sien dat die slang sal uit van die kind se maag kom, en die padda vang." Die jong man het gedoen wat die ou man gesê het. En die slang het uit gekom en die padda begin jaag. Die kind was gered van die dood.

8
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Land van Geen Ou Mense
Author - Cleófas Samo
Translation - Gillian Basson
Illustration - Little Zebra Books, Laura Libertore
Language - Afrikaans
Level - First paragraphs