Diere grawe 'n put
Um conto tradicional dos Manyungwes de Moçambique
João Carlos Brito

Dit het gebeur die jaar toe dit nie gereën het nie. Die bome het opgedroog en dood gegaan. Die riviere het begin verdwyn en die water het verdamp. Mense en diere het begin dood gaan van hongerte en dors.

1

Leeu en Olifant as die hoof diere het bymekaar gekom om oor die probleem te praat.

Leeu sê toe, "Ons gaan dood gaan van die dors. Kom ons roep almal bymekaar en praat oor die idee om 'n put te grawe."

Olifant het saam gestem en het en vir al die diere die nuus vertel.

2

Al die diere, behalwe Haas het bymekaar gekom om oor die situasie te praat.

Leeu sê toe, "Kyk, my broers en susters, hierdie jaar, het die reën nie geval nie. Almal is besig om dood te gaan omdat hulle honger en dors is. Laat ons nou 'n plan maak om 'n put te grawe so dat ons almal daarvan kan drink."

3

Al die diere het saam gestem en onmiddellik gryp hulle harke, grawe en begin om te grou. Hulle het gegrawe en gegrawe. Uiteindlik vind hulle water.

Leeu sê, "Hoekom het Haas nie kom grawe nie? Hy sal verseker nie van hierdie water drink nie!"

4

Later het Haas na die put gekom om dit te sien. Hy het gesê, "Hello, ek's hier by die put!" Hy hoor toe niks. Hy het toe ingeklim, 'n bietjie water gedrink en vir 'n ruk gespeel.

5

Die volgende dag, toe die diere na die put kom kyk sien hulle net 'n groot gemors. Die water was modder.

Hulle vra toe, "Wie sou so ding doen?"

"Dit moes Haas gewees het. Wanneer ons besig was om die put te grawe was hy nêrens om te vind nie." Het iemand gesê.

6

Die diere het toe besluit om 'n wag te los by die put. Hulle het vir Bobejaan gekies om 'n oog oor goed te hou.

Bobejaan was by die put toe Haas daar aan kom en sê, "Hello, ek is hier! By die water!"

Bobejaan antwoord met, "Kom hier!"

Haas het na Bobejaan gekom en gegroet, "Ek is hier, my vriend, en ek het saam met my gebring wat die grootes eet!"

"Kom, wys my wat dit is." Het Bobejaan gesê.

7

Haas het heuning gehad. Hy het nader aan Bobejaan geloop, "Ja, my vriend, probeer van hierdie!" Haas gee hom toe die heuning. Toe gaan trek hy water van die put en drink dit.

Net toe Haas besig was om die put te verlaat, kom Hyena aan en sien hom.

8

Die volgende dag, het Hyena gegaan en vir al die ander diere vertel dat Haas water van die put gedrink het. So toe kies hulle Skilpad om die wag by die put te wees.

Haas het in die nag aangekom, en gesê, "Hello, hier is ek by die put!" Toe hy niks hoor nie, het hy gesê: "Ek is Haas! Ek het is hier om water te drink."

9

Toe Skilpad vrooër die aand by die put aangekom het, het sy haarself tussen die rotse versteek. Sy het toe net soos een van die rotse gelyk. Net toe Haas begin ingaan by die water, toe gryp Skilpad Haas se been. Skilpad het niks gesê nie, sy het net daar gesit en vasgehou totdat die son opgekom het.

10

Toe die diere aangekom het, het hulle gesien dat Skilpad het Haas gevang. Hulle het toe die res van die diere geroep om te besluit wat om met Haas te doen.

Toe al die diere daar was, het Leeu vir hulle gevra, "Wat sal ons met hierdie Haas doen?"

11

Skilpad het toe gesê, "Olifant moet hom gryp met sy trok en hom teen die klipe slaan." Al die ander diere het saam gestem.

Toe het Haas gesê, "O Groot Leeu, jy weet dat Hase nie dood gaan as jy hulle teen klippe slaan nie. Hase sal net dood gaan as hy in as gegooi is."

So Leeu sê toe vir Olfinat om Haas in die as te gooi.

12

Nadat Haas heeltemal met as bedek was, het Olifant hom opgetel en hom gegooi. Toe Haas geland het, het hy 'n groot stofwolk gemaak. Die stof was oorals.

13

Toe die stof gaan lê het, het die diere om hulle gekyk. Haas was weg! Hulle het toe agtergekom dat Haas hulle alweer verly het.

14
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Diere grawe 'n put
Author - Um conto tradicional dos Manyungwes de Moçambique
Translation - Gillian Basson
Illustration - João Carlos Brito
Language - Afrikaans
Level - Longer paragraphs