Sara se kano
Little Zebra Books
Rachel Greer

Sara het 'n kano.

Haar kano is groot.

Die kano is by die rivier.

1

Daar kom vroue na die rivier toe. Een vrou het 'n mandjie vrugte. 'n Ander vrou het 'n hoender. Nog 'n vrou het 'n bok. 'n Ander vrou het twee bokke. Hulle vra vir Sara: "Hoe kan ons die rivier oorsteek?"

Sara sê: "Klim in my kano!"

2

Dan daag daar 'n paar mans op. Een man het visse. 'n Ander man het 'n fiets. Nog een het 'n sak mielies.

3

'n Ander man het twee sakke mielies. Hulle vra vir Sara: "Hoe kan ons die rivier oorsteek?"

Sara antwoord: "Klim in my kano!"

4

Daar kom diere na die rivier toe. Hulle vra vir Sara: "Hoe kan ons die rivier oorsteek?"

Sara sê: "Klim in my kano!"

5

Die diere klim in die kano.
Die hond klim in die kano.
Die kat klim in die kano.
Die bobbejaan klim in die kano.
Die haas klim in die kano.
Die skilpad klim in die kano.
Die bok klim in die kano.

6

Olifant kom na die rivier toe. Hy vra: "Hoe kan ek die rivier oorsteek?"

Sara sê: "Klim in my kano!"

Olifant klim in die kano. Die kano raak vol water. Die kano slaan om.

7

8

Die kano is te klein! Daar is nie meer plek nie.

9

Sara sê: "Wag 'n bietjie. Ek sal eers die vroue oorvat."

10

Sara sê: "Dan sal ek die mans oorvat."

11

Sara sê: "Die diere sal ek laaste oorvat."

12

Olifant sê: "Toemaar, ek sal sommer stap!"

13
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Sara se kano
Author - Little Zebra Books
Translation - Anita Van Zyl
Illustration - Rachel Greer
Language - Afrikaans
Level - Longer paragraphs