

Eendag was daar 'n bok.
Die bok was die koning van plaasdiere en voëls.
Op 'n dag roep die bok al die diere en voëls bymekaar vir 'n vergadering.
"My vriende, ek het julle laat roep, want ek het 'n droom gehad," het die bok gesê.
Al die diere en voëls het stilgebly. Hulle het mooi na hul koning geluister.
"Ek het gedroom dat daar nie meer kos of water in die land oor is nie. Baie van ons familielede het gesterf!" het die koning gesê.
Toe die diere en voëls van die droom hoor, was hulle baie bekommerd.
"Wat sal ons doen?" het die kat gevra.
Die hen en die eend het 'n plan gehad. "Ons moet almal kos bring en dit in die koning se stoor bêre."
Al die diere het met die plan saamgestem.
Die koning het 'n wet gemaak. "Kry toue," het hy gesê. "Bind almal vas wat nie kos na my stoor toe bring nie. Dra hulle dan na my toe."
Kort hierna was dit tyd om 'n nuwe koning vir die plaas te kies.
Al die diere en voëls het saamgekom en die kat tot nuwe koning verkies.
Maar die bok het geweier dat die kat koning word.
"Ek is die koning. Daar is geen ander koning nie. Ek kan nie enige ander dier gehoorsaam nie," het hy gesê.
Die diere het kos na die nuwe koning se stoor gebring. Maar die bok het niks gebring nie.
"Toe die bok koning was, het ons almal hom gehoorsaam. Nou wil hy nie die nuwe koning gehoorsaam nie. Wat moet ons met hom doen?" het die koei gevra.
Al die plaasdiere en voëls was kwaad.
"Hy dink hy is anders as ons," het hulle gebrom.
Die hond het gesê: "Ek het hom gehelp toe hy koning was. Ek het saans nie geslaap nie. Ek was altyd by hom, gereed om te help."
Die skaap het gesê: "Ek het my wol gegee om sy kinders aan te trek."
Die vark het gesê: "Toe hy koning was, het ek gereeld in sy tuin gewerk en bossies uitgetrek."
Die skaap het gesê: "Hy moet verstaan hy is nie meer die koning nie. Ek weet nie hoekom hy dink hy is so belangrik nie."
Al die diere het gelag en saamgestem dat die bok kos vir die nuwe koning moet vat.
Koning Kat het beveel dat die bok na hom toe gebring moet word.
Toe die diere die bok gaan haal, het hy kruisbeen in 'n stoel gesit.
"Ek sal nie na die kat toe gaan nie. Daar is nie 'n ander koning as ek nie. As jy eens 'n koning was, is jy altyd 'n koning!" het die bok gesê.
"Ons sal jou met toue vasmaak en na die nuwe koning toe vat," het die skaap gesê.
Uiteindelik maak die koei die bok aan haar stert vas. Toe trek sy hom na die koning toe.
Die skaap, die eend, die hond, die vark en die haan het gejuig toe die koei die bok trek.
Hulle het almal geroep: "Vat hierdie hardkoppige bok na ons nuwe koning toe!"
Van daardie dag af weier alle bokke om te loop wanneer hulle getrek word.
Hulle dink jy vat hulle na die koning se hof toe nie.

