Hasie onder die boom
Phumy Zikode
Wiehan de Jager

Eendag lê Hasie onder 'n appelboom en slaap.

Skielik val 'n appel uit die boom uit.

1

Toe roep 'n stem, "Hardloop, Hasie, hardloop!"

Sy skrik meteens wakker en hardloop vinnig weg.

2

Sy kom by ’n hoender. "Waarom hardloop jy?" vra die hoender.

Hasie antwoord, "Ek weet nie. Ek het iets hoor val en ’n stem wat roep 'Hardloop, Hasie, hardloop!'"

3

Die hoender word sommer bang. Sy begin ook hardloop toe sy hoor wat Hasie sê.

4

Hulle kom by ’n hond op die pad. "Waarom hardloop julle?"

Hoender antwoord, "Ek weet nie. Ek het net gehoor wat Hasie sê, en sy weet nie. Sy het iets hoor val en ’n stem wat roep, 'Hardloop, Hasie, hardloop!'"

5

Die hond was verras oor wat hy hoor. Hy begin toe saam met Hasie en Hoender hardloop.

6

Hulle kom by ’n perd. Die perd vra vir die hond, "Waarom hardloop julle?"

Hond sê, "Ek weet nie. Ek het net gehoor wat Hoender sê, en sy weet nie. Sy het gehoor wat Hasie sê, en sy weet nie. Sy het iets hoor val en ’n stem wat roep, 'Hardloop, Hasie, hardloop!'"

7

Die perd begin toe saam met die ander hardloop.

8

Hulle kom by ’n donkie. Die donkie vra, "Waarom hardloop julle?"

Perd antwoord, "Ek weet nie. Ek het net gehoor wat Hond sê, en hy weet nie. Hy het gehoor wat Hoender sê, en sy weet nie. Sy het gehoor wat Hasie sê, en sy weet nie. Sy het iets hoor val en ’n stem wat roep, 'Hardloop, Hasie, hardloop!'"

9

Toe begin Donkie ook hardloop.

10

Hulle kom by ’n koei. Die koei vra, "Waarom hardloop julle?"

Donkie antwoord, "Ek weet nie. Ek het net gehoor wat Perd sê, en sy weet nie. Sy het gehoor wat Hond sê, en hy weet nie. Hy het gehoor wat Hoender sê, en sy weet nie. Sy het gehoor wat Hasie sê, en sy weet nie. Sy het iets hoor val en ’n stem wat roep, 'Hardloop, Hasie, hardloop!'"

11

Die koei is bekommerd en begin ook hardloop.

12

Hulle kom by 'n kat. Die kat vra, "Waarom hardloop julle?"

Koei antwoord, "Ek weet nie. Ek het net gehoor wat Donkie sê, en hy weet nie. Hy het gehoor wat Perd sê, en sy weet nie. Sy het gehoor wat Hond sê, en hy weet nie. Hy het gehoor wat Hoender sê, en sy weet nie. Sy het gehoor wat Hasie sê, en sy weet nie. Sy het iets hoor val en 'n stem wat roep, 'Hardloop, Hasie, hardloop!'"

13

Die kat begin nes die ander diere hardloop.

14

Toe kom hulle by ’n seun wat op sy fiets ry en hy vra, "Waarom hardloop julle?"

En die diere antwoord, "Ons weet nie. Ons het gehoor wat Hasie sê en sy weet nie. Sy het iets hoor val en ’n stem wat roep, 'Hardloop, Hasie, hardloop!'"

15

Die seun lag en sê, "Die wind het ’n appel van die boom laat afval. Dit was ek wat geroep het, 'Hardloop, Hasie, hardloop!'"

16
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Hasie onder die boom
Author - Phumy Zikode
Translation - Fanie Viljoen
Illustration - Wiehan de Jager
Language - Afrikaans
Level - Longer paragraphs