Anansi en Aasvoël
Ghanaian folktale
Wiehan de Jager

Anansi die Spinnekop en Haas was baie goeie vriende. Hulle het in 'n vreedsame dorpie in die berge gewoon.

Haas het 'n groot plaas besit. Daar was baie groente en vrugte op die plaas. Alhoewel Haas altyd alles met sy vriend gedeel het, was Anansi ongelukkig en jaloers op Haas.

1

Anansi dink toe 'n skelm plan uit om Haas se plaas in die hande te kry.

Nou is Haas arm en sonder ʼn huis, en Anansi is die trotse eienaar van Haas se grond en sy groente en vrugte.

2

Anansi gaan mark toe om sy vrugte en groente te verkoop. Hy maak so baie geld dat hy 'n groot mandjie daarmee volpak!

Met 'n bietjie van die geld koop hy mielies vir sy gesin. Hy pak die mielies bo-op die geld in die mandjie.

3

Baie tevrede en sing-sing stap Anansi huis toe met die mandjie op sy kop.

Hy dink net aan al die dinge wat hy met sy geld gaan koop.

4

Terwyl hy loop, begin dit saggies reën, maar na 'n rukkie val die reën sommer baie hard.

Anansi sit sy mandjie langs die pad neer en soek skuiling onder 'n boom. Van sy skuiling af hou hy sy kosbare mandjie fyn dop.

5

Dit reën nog harder en harder. Anansi word sopnat en begin koud kry. Hy kruip in 'n gat om te skuil.

"Ek sal hier in die gat bly tot dit ophou reën," sê Anansi vir homself. "Ten minste is my geld veilig onder die mielies wat ek bo-op gepak het."

6

'n Rukkie later vlieg Aasvoël daar verby en merk die mandjie langs die pad op. Hy sien dat daar geld en mielies in die mandjie is.

Hy hou sy vlerke oor die mandjie en wag dat die reën bedaar.

7

Anansi sien Aasvoël op sy mandjie sit. "Dankie, vriend, dat jy my mandjie opgepas het," sê hy.

"Ekskuus? Het ek jou reg gehoor? Jou mandjie?" vra Aasvoël. "Hierdie mandjie is myne! Ek het dit hier langs die pad gekry!"

Anansi kan nie sy ore glo nie! "Dis myne! Ek belowe jou!"

8

Woedend storm Anansi na die hoofman om 'n klag van diefstal te lê. Aasvoël sê vir die hoofman en sy raadgewers: "Hoe kan enigiemand 'n mandjie vol geld en mielies net so langs die pad los sonder om dit op te pas?"

"Maar ek was besig om my mandjie dop te hou," sê Anansi. "Dit is my geld en my mielies!"

Aasvoël antwoord: "Dit is nie waar nie! Ek het die mandjie opgepas en toe kom jy daar aan en sê dit is joune!"

9

Die hoofman en sy raadgewers luister goed na albei kante van die saak. Toe stuur hulle Anansi en Aasvoël weg.

Hulle het die situasie lank bespreek en uiteindelik neem hulle 'n besluit.

10

Hulle roep Anansi en Aasvoël nader. "Ons glo Aasvoël se storie," sê hulle. "Hy is nie die dief nie. Jy het iets probeer vat wat nie joune is nie, Anansi."

Anansi kan sy ore nie glo nie! Hy bars in trane uit.

11

Die nuus versprei vinnig dat Anansi sy saak verloor het. Terwyl Anansi wegstap, hoor hy Haas lekker lag.

Haas is tevrede met die uitspraak. Haas gaan terug na sy plaas en begin weer met vrugte en groente boer. Anansi is, soos voorheen, arm en sonder vriende.

12
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Anansi en Aasvoël
Author - Ghanaian folktale
Translation - Emily Aling, Maxine Fibiger
Illustration - Wiehan de Jager
Language - Afrikaans
Level - Read aloud