

Eendag het Mnr. Luiheid kom kuier. Hy het gesê: Ek is moeg! Ek kort 'n sterk tak om op te rus!
Ek is goed met klim en ek weet hoe om te swaai. Maar slaap is my heel gunsteling ding in die wêreld.
Die tak lyk sterk genoeg. Ek dink ek sal op hom slaap. En jy? Dink jy nie dit is 'n goeie idee nie?
Nee Mnr. Luiheid! Die kameelperd eet daar. Hy mag dalk dink jy is middagete en aan jou hare begin knibbel.
Die tak lyk sterk genoeg. Ek dink ek sal op hom slaap. En jy? Dink jy nie dit is 'n goeie idee nie?
Nee Mnr. Luiheid! Daar is 'n byekorf in daardie tak. Jy sal nooit geslaap kry met al daardie bye rondom jou nie.
Die tak lyk sterk genoeg. Ek dink ek sal op hom slaap. En jy? Dink jy nie dit is 'n goeie idee nie?
Nee Mnr. Luiheid! Dit is 'n slang op daardie tak. Dit is nie 'n tak nie! Arme ou slang. Jy het hom groot laat skrik.
Die tak lyk sterk genoeg. Ek dink ek sal op hom slaap. En jy? Dink jy nie dit is 'n goeie idee nie?
Nee Mnr. Luiheid! Daar is 'n voȅl op daardie tak! Jy sal nooit geslaap kry met daardie geskree in jou ore nie!
Probeer nog net een tak Mnr. Luiheid! Het almal gesê. En daardie laaste tak, was net die regte een vir hom om op te slaap.
Die voȅl, die slang, die kameelperd en elke by was bly om Mnr. Luiheid in hulle boom te kry.

