Daar was eens ʼn man wat nie naby sy bure wou woon nie. Die man wou ook nie hê dat sy vrou by die bure se huise moes kuier nie.
1
Op 'n dag het die man toe ʼn huis diep in die bos gebou, ver van die bure se huise af.
2
Hy het elke oggend baie vroeg sy huis verlaat en eers weer laat in die aand teruggekom.
3
Een nag was die man baie laat. 'n Hiëna het gesien dat die man nog nie by die huis is nie.
4
Die hiëna het aan die huis se deur gaan klop.
5
Die vrou het gedink dis haar man en toe maak sy die deur oop. Die hiëna het op die vrou gespring en haar opgeëet.
6
Die man het by die huis gekom en gesien dat sy vrou deur die hiëna opgeëet is. Daar was niks wat hy kon doen nie.
7
En dis alles omdat hy nie naby sy bure wou woon nie.
8
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Die Man Wat Alleen Gewoon Het
Author - Carlos Kanembera Translation - Monique de Ridder Illustration - Little Zebra Books, Trevor Kellog Language - Afrikaans Level - First sentences