

Eendag was daar twee vriende, Skilpad en Slang.
Skilpad sê vir Slang: "Kom swem saam met my."
"Goed so! Maar ek weet nie hoe om te swem nie," antwoord Slang.
"Ek sal jou leer swem," sê Skilpad.
Toe gaan hulle swembad toe. "Wie sal eerste in die water gaan?" vra Skilpad.
"Jy, en ek sal jou dophou," sê Slang.
Skilpad klim in die swembad. Slang bly op die trappe.
Na 'n rukkie seil Slang in die swembad in.
Skilpad en Slang swem saam in die vlak kant van die swembad.
Toe begin hulle op die water dryf.
Skilpad begin rugslag swem.
Slang probeer om soos Skilpad te swem, maar kom nie weg nie. Hy begin verdrink!
Toe Skilpad besef dat Slang verdwyn het, duik hy haastig af en bring Slang boontoe.
Skilpad klim uit die water en draai Slang onderstebo om ontslae te raak van die water wat Slang in gesluk het.
Uiteindelik gebruik Skilpad die mond-tot-mond-metode om die laaste water uit te kry.
Hy het Skilpad se lewe gered.

