Kisirusiru, die domkop
Cissy Kiwanuka Luyiga
Catherine Groenewald

Eendag, lank, lank gelede was daar 'n boer en sy vrou wat net een kind gehad het, 'n seuntjie met die naam Kisirusiru.

1

Op 'n dag toe Kisirusiru die bokke veld toe neem, het 'n bokhoring sy hemp geskeur. Sy ma het hom winkel toe gestuur om 'n naald te gaan koop sodat sy sy hemp kon heelmaak. Kisirusiru koop toe die naald en sit dit in sy hempsak.

2

Terwyl hy huis toe loop, sien hy 'n groepie seuns wat sokker speel en besluit om saam te speel. Maar die naald val uit sy sak en raak weg. Toe hy uiteindelik by die huis kom, vertel hy sy ma wat gebeur het. "My kind," sê sy ma, "volgende keer moet jy die naald op 'n stukkie papier vassteek." "Goed, Ma, ek verstaan," antwoord Kisirusiru.

3

Die volgende dag neem Kisirusiru 'n pot om water te gaan skep. Hy onthou wat sy ma vir hom gesê het, en draai die pot in 'n stuk papier toe om dit huis toe te dra. Maar op pad huis toe skeur die papier en die pot val op die grond. Dit breek in stukkies en mors al die water op die grond.

4

Toe hy by die huis kom, verduidelik sy ma geduldig: "My kind, sit volgende keer die pot op jou kop. So sal jy dit kan dra sonder om te mors." "Goed, Ma, ek verstaan," antwoord Kisirusiru.

5

Die volgende dag vra Kisirusiru se pa hom om die bokke veld toe te vat om te gaan wei. Hy onthou wat sy ma gesê het en sit die bok op sy kop. Die bok skop en krap Kisirusiru en dis nie lank nie of die bloed stroom oor sy gesig. "Wanneer gaan jy ophou om so onnosel te wees?" skree sy pa. "'n Bok word met toue vasgebind en dan getrek! As jy jou nie behoorlik gedra nie, moet jy padgee uit my huis."

6

Die volgende dag stuur die man sy seun om op die mark te gaan vleis koop. Kisirusiru onthou wat sy pa gesê het maak die vleis aan 'n tou vas en begin die vleis huis toe sleep. Hy hardloop baie vinnig huis toe sodat hy nie sy pa laat wag nie. Dink net hoe het die vleis gelyk toe hy by die huis kom!

7

Sy pa is so kwaad dat hy vir Kisirusiru sê om sy goed te pak en weg te gaan. Toe sy ma dit hoor, besluit sy om saam met haar seun weg te gaan. Toe hulle loop, vat hulle die kombuisdeur saam sodat hulle iets het waarmee hulle 'n nuwe huis kan begin bou.

8

Hulle loop ver, maar kan nêrens plek kry om hulle nuwe huis te bou nie. Toe dit begin donker raak, besluit hulle om in 'n boom te klim en daar te slaap.

9

Hulle het skaars in die boom geklim toe hulle geluide onder die boom hoor. Hulle sien drie mans met groot sakke. Hulle lyk gevaarlik. Kusirusiru en sy ma word so bang dat hulle al hulle goed laat val. Die deur val op die grond en die mans skrik so groot dat hulle hulle sakke laat los en weghardloop.

10

Kisirusiru en sy ma klim uit die boom. Toe hulle die sakke oopmaak, kry hulle geld, klere, komberse en alles wat hulle nodig het om 'n nuwe huis op te sit. Kort daarna kry hulle 'n plek om hulle nuwe huis te bou. Hulle het lank en gelukkig in hulle nuwe huis gebly.

11
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Kisirusiru, die domkop
Author - Cissy Kiwanuka Luyiga
Translation - Siglinde Loedolff
Illustration - Catherine Groenewald
Language - Afrikaans
Level - Read aloud