Die pratende sak
Caroline Lentupuru
Wiehan de Jager

Eendag, lank, lank gelede was daar 'n baie groot vrou. Sy was so groot, sy was 'n reus. Op 'n dag het sy al langs die meer gestap toe sy drie klein dogtertjies sien.

Sy vra toe vir hulle: "Wie van julle se ma en pa is albei ewe lief vir jou?"

1

Die eerste dogtertjie sê: "My mamma is die liefste vir my!" Die tweede dogtertjie sê: "My pappa is die liefste vir my!"

Die laaste dogtertjie antwoord: "My mamma en pappa is albei ewe lief vir my!"

2

Die reus vra toe die dogtertjie wie se ouers haar albei ewe lief het: "Help my ʼn bietjie om 'n bondel vuurmaakhout op my rug te sit."

"Goed," sê die dogtertjie en volg die reus om haar te gaan help.

3

Nadat die reus en die dogtertjie al ver geloop het, vra die dogtertjie: "Waar is die vuurmaakhout?"

Die reus antwoord: "Naby daardie bome."

4

Toe hulle by die bome kom, vra die dogtertjie weer: "Waar is die vuurmaakhout?"

Die reus antwoord: "Dit is nie meer ver nie, dogtertjie!"

5

Hulle stap nog verder. Na 'n ruk loop hulle 'n man in die bos raak. Die man vra vir die reus: "Wat is jou kind se naam?"

Die reus antwoord: "Die pratende sak."

6

Die dogtertjie is ontsteld. Sy begin uit volle bors sing:

My naam is nie die pratende sak nie! My naam is Kaamungei! O! My mamma vir wie ek lief is! O! My pappa vir wie ek lief is! O! My kalbas waaruit ek melk drink!"

7

Toe die man hoor wat die dogtertjie sing, het hy dadelik geweet daar is fout. Hy het haar gered en haar teruggeneem na haar mamma en pappa wat haar albei ewe lief het.

Fluit, fluit my storie is uit!

8
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Die pratende sak
Author - Caroline Lentupuru
Translation - Tariek Erasmus
Illustration - Wiehan de Jager
Language - Afrikaans
Level - Longer paragraphs