

Lank, lank gelede was Hiëna en Kraai baie goeie vriende, al het hulle ook baie van mekaar verskil. Kraai kon vlieg, maar Hiëna kon net op die grond loop.
Eendag vra Hiëna nuuskierig vir sy vriend Kraai: "Wat is die wit ding daar agter op jou nek?"
Kraai antwoord: "Dit is die vetterige vleis wat ek gewoonlik in die lug eet. Ek eet dit nou al vir so lank, dit sit vas aan my nek." Toe Kraai die woord "vleis" hoor, begin sy bek water, want hy is gulsig en baie lief vir vleis. Hiëna wil baie graag daardie vleis eet. Maar hoe kan hy die vleis in die lug in die hande kry as hy nie vlerke het om te vlieg nie? "Asseblief, my vriend," soebat hy vir Kraai, "leen my 'n paar vere sodat ek vir my 'n paar vlerke kan maak. Ek wil graag ook kan vlieg soos jy."
Kraai is nie suinig nie en gee vir Hiëna 'n paar vere. Hiëna werk hulle aan mekaar vas om vlerke te maak. Hy maak dit aan sy lyf vas en probeer om in die lug in te sweef. Maar hy is veels te swaar vir die vere om hom in die lug te hou. Nou moet hy 'n nuwe plan maak.
"Asseblief, my vriend," vra Hiëna vir Kraai. "Kan ek aan jou stert vashou as jy in die lug op vlieg?" "Reg so," sê Kraai. "Ek weet hoe graag jy wil vlieg. Kom ons doen dit môreoggend." Die volgende oggend hou Hiëna vas aan Kraai se stert en saam vlieg hulle in die lug op.
Kraai vlieg en vlieg en vlieg totdat hy uitgeput is. Maar Hiëna sê: "Net nog 'n bietjie verder, my vriend!" Hy sien die wit, vetterige vleis net bokant hulle en sy bek begin water.
Toe hulle by die eerste stuk vetterige vleis kom, voel Hiëna skielike 'n ruk en ʼn pluk. Een van Kraai se stertvere het in sy hand afgekom! Toe is daar nog 'n ruk en pluk, en nog een. Kraai voel baie ligter en die pyn in sy stert verdwyn. Hy sing: "Kraaivere, raak los! Kraaivere, raak los!" Hiëna sing weer: "Kraaivere, hou vas, moenie los raak nie! Kraaivere, hou vas, moenie los raak nie!"
Uiteindelik kon die vere nie meer vir Hiëna hou nie. Hy hang in die lug in die middel van nêrens. Toe spring hy op die vetterige vleis dink: As ek begin eet, sal die vetterige vleis my hou. Maar al wat hy voel toe hy probeer om aan die 'vleis' vas te hou en te vreet, is klam wolke!
Nou val hy vinnig. "Help, help!" skree hy. Maar niemand hoor hom nie. Kraai verdwyn in die wolke.
Hiëna val met 'n slag op die grond en lê vir 'n paar minute doodstil. Toe hy wakker word, huil hy van die pyn. Sy been is gebreek en daar is donker merke oor sy hele lyf.
Van daardie dag af loop Hiëna mank en sy lyf is vol donker kolle. Hy kan nog steeds nie vlieg nie. En hy en Kraai was nooit weer vriende nie.

