Sing Die Waarheid: Die Storie Van Miriam Makeba
Jade Mathieson
Louwrisa Blaauw

Lank gelede, was daar 'n baba dogtertjie gebore in die stad van Johannesburg.

Daardie baba dogtertjie was ek. My ma het my Miriam genoem. Miriam Makeba.

1

My ma was 'n sangoma, maar sy het ook gewerk om ander mense se huise netjies en skoon te hou.

Dit was moeilik vir my ma om genoeg te verdien vir beide van ons.

Sy het begin om tuisgemaakte bier te verkoop om meer inkomste in te bring.

2

Die wette van die land het gesê dat dit verkeerd was om tuisgemaakte bier te verkoop.

Die polisie het my ma vir 6 maande lank tronk toe gestuur. Ek was maar net 18 dae oud en het my ma nodig gehad.

Alhoewel ek maar net 'n baba was, het ek ook tronk toe gegaan.

3

As 'n klein dogtertjie was ek lief daarvoor om te sing.

Toe ek ouer was het ek my ma gehelp om huise skoon te maak. Deur liedjies te sing terwyl ek gewerk het, het die take vinniger verby gegaan en dit het die dag helderder laat blyk.

Om te sing het my gelukkiger gemaak as wat ek kan verduidelik.

4

Ek het in my kerk gesing, wat ander mense ook gelukkig gemaak het.

Musiek het die krag om mense saam te bring. Toe ons gesing het, het ons braaf en sterk gevoel.

5

Mense het gesê dat my stem 'n geskenk was en dat my liedjes spesiaal was.

Ek het met ander musikante gesing en ons musiek was reg oor die wêreld gehoor.

6

My tuiste was Sophiatown, 'n plek van kultuur en musiek. Sophiatown, 'n plek waar Suid-Afrikaners kon musiek maak in harmonie en saam dans.

Maar, die mense wat die land regeer het op daardie tyd het nie van die samesyn gehou nie.

Daardie regeerders wou nie gehad het dat swart en wit mense vriende moes wees nie.

7

Ek het geweet dat dit verkeerd was om mense verskillend te behandel as gevolg van hulle velkleur.

Ek het nie my siening weggesteek nie en daardie mense in beheer wou my uit die land gehad het.

Toe ek in Amerika gesing het, was ek gesê dat ek nooit weer terug huistoe kan gaan nie.

8

Mense reg oor die wêreld het my storie gehoor.

My liedjies en my storie het baie mense gehelp om te sien dat daar geen regverdigheid in Suid-Afrika vir die mense met swart velkleur was nie.

Ek het besluit om aan te hou sing en die waarheid te vertel oor my land, maak nie saak wat nie.

9

Die wêreld het baie van my liedjies gehou en ek is in baie lande verwelkom.

Ek het toekennings gewen en ek het vir belangrike mense gesing reg oor die wêreld.

My lewe was goed, maar iets het ontbreek. Ek kon nie in my tuisland sing nie en mense daar was nie vry nie.

10

'n Fantastiese dag het aangebreek toe Nelson Mandela president van Suid-Afrika geword het.

Nuwe mense was in beheer en die onregverdige wette was iets van die verlede.

Ek het uiteindelik huistoe gegaan met nuwe hoop in my hart.

11

Na dit kon ek sing in n vrye en regverdige land. Mense van verskillende velkleure kon musiek saam geniet het.

Ek het gehelp om dit te laat gebeur, want ek was braaf en sterk.

Ek het die waarheid in al my liedjies gesing.

12
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Sing Die Waarheid: Die Storie Van Miriam Makeba
Author - Jade Mathieson
Translation - Claudia Tredoux
Illustration - Louwrisa Blaauw
Language - Afrikaans
Level - Read aloud