Die singende voëltjie
Shiba Atukunda
Benjamin Mitchley

Eendag, lank lank gelede was daar 'n pragtige voëltjie wat baie graag gesing het.

1

Voëltjie het elke oggend met sonopkoms wakker geword en die mooiste liedjies gesing.

2

Al die diere het gewonder van waar die mooi musiek vanaf kom.

3

Maar Voëltjie was baie skaam en het altyd gaan wegkruip sodat niemand haar kon sien nie.

4

Eendag besluit die ander diere om ook met sonsopkoms op te staan.

5

Hulle wou baie graag weet wie so mooi sing.

6

Toe die son sy kop uitsteek begin Voëltjie sing.

7

Toe Voëltjie klaar gesing is kom al die diere uit en klap vir haar hande.

8

Van daardie dag af was Voëltjie die diere se musiekmaker.

9
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Die singende voëltjie
Author - Shiba Atukunda, Uganda Christian University
Adaptation - Meryke Barkley
Illustration - Benjamin Mitchley, Catherine Groenewald, Idowu Abayomi Oluwasegun, Marion Drew, Rob Owen, Salim Kasamba, Wiehan de Jager
Language - Afrikaans
Level - First sentences