Die Veelhoek familie
Lindiwe Tshabalala
Isaac Okwir

"Die jaar het ons 'n spesiale familiebyeenkoms," kondig Mamma Veelhoek aan. "Wie gaan kom? Ek hoop al die Veelhoeke sal daar wees. Ek verlang na my nefies en niggies," sê Penta.

"Ek verlang die meeste na my kant van die familie. Die vierhoeke," glimlag Mamma. "Ja, Ons het Reghoek, Vierkant en Ruit vreeslik lanklaas gesien," antwoord Pappa Veelhoek. "Moet nie vergeet dat hulle nou kinders het nie," herinner Mamma vir Pappa.

1

"Wat? Gaan hulle ook daar wees?" vra Sestie. "Ja, hulle is Veelhoeke al is hulle nie Vierhoeke nie. Hulle van is Driehoek. Die kinders se name is Gelykbenig en Ewesydig," antwoord Mamma met 'n glimlag.

"O ja, die Driehoek familie!" roep Sestie uit. "Maar hulle lyk baie soos Vierhoeke..."

"Nee, glad nie," sê Mamma. "Driehoke het drie sye en Vierhoeke het vier sye. Net soos ek."

2

Pappa Veelhoek voeg toe by: "Ek is opgweonde om my drie nefies te sien, Pentagoon, Heksagoon en Oktagoon. Hulle is ook deel van die Veelhoek familie."

Setie staan 'n rukkie en dink toe vra sy:"Pappa, waarom word ons Veelhoeke genoem?" 

"Ons is 2-dimensionele vorms. Ons bestaan uit reguit lyne wat sye genoem word. Waar die sye bymekaarkom vorm hulle hoeke. Ons het almal meer as een hoek. Daarom is ons Veelhoeke."

3

"Ek het nie geweet Oktagoon is ook deel van ons familie nie,"sê Penta.

"Natuurlik my kind, as jy dan net na hom kyk kan jy die trekke sien. Jy moet mooi na die hoeveelheid sye van jou familie kyk anders kan jy dalk deurmekaar raak. Oktagoon het agt sye daarom begin sy naam met Okta. Die woord Okta kom van Latyns af en beteken agt," antwoord Pappa.

4

"O goed. Wat dan van Pentagoon en Heksagoon?" vra Sestie. "Hex is die Griekse woord vir ses.

Heksagoon het ses sye," antwoord Pappa. "Penta is die Griekse woord vir vyf. Kan jy raai hoeveel sye hy het Sestie?"

"Vyf Pappa!" roep Sestie trots uit.

5

"Pappa, hoeveel sye het Heptagoon?" vra Penta, "Ek gaan jou nie sê nie." Terg pappa en haal 'n familie foto van die muur af. "Kyk na die foto en tel jy dan self die sye"

Penta kyk na die foto, maar voor sy nog kan antwoord skree Sestie uit. "Sewe! My juffrou het my mooi geleer. Hepta beteken sewe."

6

"Sjoe my vrou ons kinders is darem slim! Kom ons kyk of hulle die een ken. Weet julle wat Deca beteken?" vra Pappa.

"Tien! Tien!" skreeu Sesti en Penta saam.

7

"Kan ons asseblief vir Sirkel saam nooi?" vra die kinders. Mamma en Pappa stem in. Tewyl hul nog besig is om te gesels is daar 'n klop aan die deur. Pappa staan op om te gaan kyk wie dit is en kondig aan: "Die Vierhoeke is hier!"

8

Almal spring op om Reghoek, Vierkant en Ruit te verwelkom. Hulle is vreeslik bly om mekaar te sien!

9

Kort daarna arriveer die Driehoeke. Ongelyksydig, Gelykbenig en Ewesydig is moeg na die lang rit, maar baie bly om by die res van die familie aan te sluit.

10

Uiteindelik is Oktagoon en Heptagoon ook voor die deur. Hul kinders Pentagoon ek Heksagoon het drie Vierkante saamgebring.

Die kinders maak sommer vinnig maats en gaan speel buite.

11

Dit is voorwaar 'n Veelhoekige-familie-fees.

12

13

14

15
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Die Veelhoek familie
Author - Lindiwe Tshabalala, African Storybook
Adaptation - Yone du Plessis
Illustration - Isaac Okwir
Language - Afrikaans
Level - Read aloud