Benjamin Se Glimlag
Vianne Venter
Genevieve Terblanche

Dit reën al vir dae lank en almal is ongelukkig. Almal behalwe Benjamin. Hy het elke oggend met 'n glimlag wakker geword. "Sjoe, Benjamin! Daardie glimlag is darem breed!" sê ouma. "Is dit vir my?" Benjamin sit sy hand voor sy mond en fluister saggies, "Maar dis MY glimlag, ouma."

1

Sy ma het begin lag. "Benjamin, 'n glimlag is iets wat jy kan weggee sonder om dit te verloor. Kom kyk!" Sy het hom opgetel om in die spieël te kyk en daar was sy glimlag, net so breed soos voorheen.

2

Dit was tyd om te gaan. Benjamin se ma het sy reënjas vasgeknoop en daar loop hulle, deur die reën, na die biblioteek toe. Af in die straat, staan Benjamin se beste maatjie, Eliana, by die venster van haar huis en kyk hartseer uit na hoe die reën buite val. Benjamin voel iets in sy mond. Ewe skielik spring sy glimlag uit en vlieg oor die straat na Eliania toe.

3

Eliana het styf vas gehou aan daardie glimlag - dit was heeltemal te mooi om te verloor. Soos Benjamin weg stap op pad biblioteek toe, lui Eliana se deurklokkie. Dit was die posbode, met 'n brief van haar gunsteling niggie. Eliana was so bly, dat die glimlag opspring en uitstraal na die posbode. "Dankie, Meneer Posbode!" het Eliana gesê.

4

Eliana se glimlag was die helderste ding wat die posbode nog heel oggend gesien het. Dit het hom warm gehou, soos hy deur die koue reën stap. Hy kom tot by 'n groot huis. Binne die hek, was 'n groot hond wat in sirkels hardloop en blaf, blaf, blaf. Dit was so verspot, dat die posbode nie kon help om te glimlag nie. Die glimlag bons deur die hek, reguit na die hond toe.

5

Die hond hou skielik op met blaf. Hy prik sy ore op en swaai sy stert. Hy draai om en hardloop terug na die huis toe, met die helder, warm glimlag. 'n Geboë ou man maak die deur oop. "O, nee! Jy kan nie inkom nie. Jy is nat!" sê die ou man vir die hond en dadelik straal die hond se glimlag na die ou man toe.

6

Die ou man staan toe bietjie meer regop. "Ag," sê hy, "Wie gee om of dit reën? Kom ons gaan stap 'n bietjie!" Daar loop die twee, al spattend in die waterpoele. By die zebrastrepe, staan die knorrige Mevrou Makabela, die verkeerskonstabel. Sy was koud, nat en nors. Die ou man het net geweet wat om te doen. "Goeie môre, Mevrou Makabela!" roep hy uit en glimlag sy breedste, helderste glimlag, maar Mevrou Makabela glimlag nie terug nie.

7

Om in die reën te staan vir dae lank kan mens baie ongelukkig maak, maar 'n glimlag is 'n betowerende ding en teen dié tyd, was die glimlag so sterk en so helder, dat dit moeilik was om dit binne te hou. Dit het nie dadelik gewerk nie, maar 'n klein rukkie daarna het dit begin uitstraal en. Uiteindelik!

8

'n Groot, breë glimlag het Mevrou Makabela se gesig opgehelder! Die skoolklok het gelui en kinders het hardloop om oor die straat te kom. Mevrou Makabela sit haar pad teken toe op en glimlag vir elke liewe kind wat verby haar stap.

9

Die kinders, op hulle beurt, glimlag vir hulle pappas, mammas, oumas en oupas. Hulle glimlag vir die bus bestuurder en die groentewinkel eienaar en Mevrou Naka, wat vir haar man glimlag het en hy glimlag weer vir die burgermeester. Al die glimlagte het uitgestraal totdat almal geglimlag en gelag het in die reën.

10

In die biblioteek was alles stil, behalwe die klank van reën wat op die dak val. "Dit is tyd om huistoe te gaan," sê Benjamin se ma, terwyl sy haar boek toemaak. "Ma!" sê Benjamin en daar verloor hy sy glimlag want mama sê hulle moet nou huistoe gaan.

11

Soos hulle uit die biblioteek stap. Staan hulle verstom. Almal in die dorp was daar. Almal! En hulle was almal besig om te glimlag.

12

Hulle glimlagte het rondgespring en uitgestraal na Benjamin toe. Die glimlagte het hom warm gemaak en hom gekielie, van sy tone tot sy kroontjie. Benjamin was so vol vreugde dat die glimlagte uitgebars het van genot. Iets het wel verander. Die donker, reënerige middag is weg. Die warm son het op almal neergeskyn met die grootste, breedste, helderste glimlag van almal.

13
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Benjamin Se Glimlag
Author - Vianne Venter
Adaptation - Maryke Van Nieuwenhuizen
Illustration - Genevieve Terblanche
Language - Afrikaans
Level - Longer paragraphs