'n Eier vir bruidskat
Nambi Sseppuuya Community Resource Centre
Wiehan de Jager

Eendag lank gelede, was daar 'n ou tannie wat haar kleinseun baie lief gehad het.

Sy het vir haar kleinseun 'n eier as 'n geskenk gegee en gesê: "As jy eendag oud genoeg is sal jy van hierdie eier bruidskat kry vir jou huwelik."

Die seuntjie is toe terug huis toe.

1

Op pad het hy swartbessie versamelaars ontmoet wat vir sy eier gevra het.

Hulle het die eier gebruik om na die bessies te skiet en die eier het gebreek.

2

Die seun het begin huil.

"Ei. Ei. Ei en gesê: "Julle het nou baie moeilikheid vir my veroorsaak. Die eier was nie myne nie. Dit was my ouma se eier.

My ouma het nie die eier vir my sonder 'n goeie rede gegee nie. Ouma het vir my die eier as 'n bruidskat gegee."

3

Die bessie versamelaars het vir die seuntjie die stok gegee waarmee hulle die bessies afhaal.

Die seun verder gestap.

4

Vêrder aan op sy pad het die seun 'n klomp bouers ontmoet wat vir sy stok gevra het.

Die bouers het die stok gebruik om 'n huis te bou maar die stok het in klein stukkies gebreek.

5

Die seun het weer begin huil. "Hee. Hee. Hee! Julle het baie moeilikheid vir my veroorsaak! Die stok was nie myne nie, dit was die bessie versamelaars se stok.

En hulle het dit nie sonder rede vir my gegee nie, hulle het dit vir my gegee in plaas van die eier wat hulle gebreek het. Die eier was ook nie myne nie, dit het aan my ouma behoort.

My ouma het die eier ook nie sonder rede vir my gegee nie, sy het dit aan my gegee as 'n bruidskat."

6

Die bouers het aan die seun 'n bondel gras gegee vir 'n grasdak.

Die seun het die bondel gras gevat en verder aangestap.

7

Vêrder aan op sy pad het die seun 'n beeswagter ontmoet wat vir sy bondel gras gevra het.

Die beeswagter het die bondel gras aan sy koei gegee en sy het alles op geëet.

8

Die seun huil, "E.E.E! Jy het baie moeilikheid vir my veroorsaak! Dit was nie my gras nie. Dit het aan die bouers behoort. Die bouers het nie die gras sonder rede vir my gegee nie.

Hulle het my stok gebreek. Die stok was ook nie myne nie. Dit het aan die bessie versamelaars behoort. Hulle het dit ook nie sonder rede vir my gegee nie."

9

"Hulle het dit vir my gegee omdat hulle die eier gebreek het. Die eier was ook nie my eier nie.

Die eier het aan my ouma behoort. Ouma het die eier vir my gegee vir bruidskat."

10

Die beeswagter het toe sy koei vir die seun gegee.

Die seun het die koei gevat en verder aan gestap.

11

Oppad terug huis toe het die seun op 'n troue afgekom. Die bruid se familie het vir die seun gevra of hulle sy koei kan kry.

Die seun het toe die koei vir hulle gegee. Hulle het die koei geslag en heeltemal opgeëet.

12

Die seun weer begin huil, "Ei. Ei. Ei! Julle het baie moeilikheid vir my veroorsaak. Die koei was nie myne nie. Dit het aan 'n beeswagter behoort en hy het dit nie sonder rede vir my gegee nie.

Hy het die koei vir my gegee omdat sy koei my hele bondel gras opgeëet het. Die bondel gras was nie myne nie, maar het aan bouers behoort."

13

Hulle het nie die bondel gras sonder rede vir my gegee nie. Hulle het my stok gebreek. Die stok was nie myne nie.

Die bruid se familie het toe vir die seun gesê: "Ons het niks oor om jou mee te betaal nie, maar laat ons die bruid vir jou gee."

14

En dit is waar die gesegde vandaan kom: "What comes around goes around."

15
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
'n Eier vir bruidskat
Author - Nambi Sseppuuya Community Resource Centre
Adaptation - Talita Raal
Illustration - Wiehan de Jager
Language - Afrikaans
Level - Read aloud