Vayu, die wind
Madhuri Pai
Rijuta Ghate

Elke keer wanneer ek klaar is met my warm, warm bad, voel my nat lyf so koel, koel, koel.

Wat laat dit gebeur? Vayu, die wind!

1

Die melk in my beker - te warm, te warm. Maar gou is dit gereed vir my om te sluk.

Wie laat dit gebeur? Vayu, die wind!

2

Die venstergordyne wapper en streel saggies my gesig.

Wie laat dit gebeur? Vayu, die wind!

3

'n Weerligstraal ver weg. Swart wolke wat na my kant beweeg.

Wie laat dit gebeur? Vayu, die wind!

4

Takke swaai en blare bewe. Blomme val saggies.

Wie het dit alles gedoen? Vayu, die wind!

5

Ons speel ver van die huis af, tog kan ek die lekkers ruik wat moeder voorberei.

Wie laat dit gebeur? Vayu, die wind!

6

'n Glas op 'n vensterbank val stukkend op die grond. Ek is bly ek was nie daarrond.

Wie het hierdie kattekwaad gedoen? Natuurlik, dit was Vayu, die wind!

7

'n Fluitjie blaas. 'n Trein rol in. Ek kan dit nie sien nie, maar hoor sy deuntjie.

Wie laat dit gebeur? Vayu, die wind!

8

Kan nie gesien word nie. Kan nie gehoor word nie. Doen al die werk sonder 'n woord.

Wie kan dit wees? Natuurlik! Die wind!

9

10
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Vayu, die wind
Author - Madhuri Pai, Rohini Nilekani
Adaptation - Tharina Viljoen
Illustration - Rijuta Ghate
Language - Afrikaans
Level - First paragraphs