Vrugte
Shakira Bodio
Wiehan de Jager

Eens op 'n tyd was daar 'n gesin wat 'n boom gehad het wat vol soet vrugte was. Almal het die boom besoek om sy heerlike vrugte te proe. Die gesin het ook 'n mooi dogter gehad. Baie mense het haar uitsonderlike skoonheid, spierwit oë en mooi persoonlikheid bewonder.

1

Die dogter het 'n mooi jong dame geword. Mans, oud en jonk, het na haar huis toe gestroom om haar te vra om met hulle te trou. Haar ouers het besluit dat die man wat onder die boom kan sit sonder om die vrugte te eet, haar hand in die huwelik kan neem.

2

Die nuus het vinnig deur die dorp versprei. Die eerste man was gou daar. Hy was die vooraanstande boer in die dorp. Hy was mooi, jonk en ryk. Hy was deur die ouers verwelkom en met vrugte bedien. Hy het vir 'n paar minute gesit, maar kort voor lank, het hy die vrugte geëet. Hy is daar en dan weggestuur.

3

Die hoof veewagter was volgende. Hy was ook mooi, jonk en ryk. Die meisie het baie van hom gehou. Die vrugte was aan hom bedien, en hy het dadlik daaraan gesmul. Hy is ook weggestuur.

4

Die volgende man het baie grond besit.  Hy was arrogant en lelik. Die meisie het glad nie van hom gehou nie en het gebid dat hy die vrugte eet en weggestuur sou word. Hy is die vrugte aangebied maar het geweier om dit te eet.

5

Tyd het verby gegaan en die meisie begin die man smeek om die vrugte te eet. Teen vieruur die middag was die man baie honger en hy het toe ook die vrugte geëet. Hy was vinnig weggestuur.

6

Volgende was dit die beurt van die dorp se hoofman. Hy was hooghartig, oud en lelik. Niemand in die dorp het van hom gehou nie. Die meisie het gewens dat hy die vrugte sal eet en weggestuur word.  Die vrugte is aan die hoofman bedien en hy het geweier om dit te eet. Hy het die hele dag daar gesit. Ongeveer sesuur die aand het hy gevra of hy na die badkamer toe mag gaan. Hy was toegelaat om te gaan.

7

Toe hy terugkom het die mense agtergekom dat hy van die vrugte in die badkamer geëet het  - hulle kon die vrugte ruik en sy lippe was rooi gesmeer! Die meisie was verlig en die hoofman is weggestuur.

8

'n Paar dae later het 'n mooi, jong, ryk prins aangekom. Die meisie was opgewonde en het hom aangestaar.   Sy het hom eenkant toe geneem en hom gesmeek om nie die vrugte te eet nie.

9

Sy het hom baie minder vrugte aangebied as vir die ander mans. Teen die middag het die prins alreeds sy vrugte geëet en hy is ook weggestuur.    Die meisie het in trane uitgebars van woede en teleurstelling.

10

Die volgende dag het 'n boer daar opgedaag. Hy was arm en lui, maar was jonk en gewild onder baie mense omdat hy altyd iets te sê gehad het. Hy was vasbeslote om te wen. Die meisie het hom met baie vrugte bedien en hom gesmeek om dit te eet. Sy het nie van hom gehou nie en het nog na die prins verlang. Toe die vrugte aan hom bedien is, het hy geweier om dit te eet. Die meisie het beangs gewag. Die ure het gekom en gegaan en hy het niks geëet nie. Laat middag het die boer vir water gevra.

11

Die meisie het gehoop dat die man van die vrugte sou eet, maar hy het niks geëet totdat die klok seweuur geslaan het nie.   Die boer het die uithoutoets gewen! Die miesie moes met hom trou!

12

13

Haar ouers het haar aan die "lui een" oorgegee. Die meisie het hulle gesmeek om haar te red, maar haar ouers kon niks doen nie. Terwyl die boer haar huistoe geneem het, het hy vir haar 'n pragtige lied gesing terwyl hy sy hande klap. Baie mense het na die pad toe gestroom om die egpaar te sien.

14

Onder dié mense was daar dienaars van die ryk prins. Hulle het die boer eenkant toe geroep en aangebied om hom geld en beeste te gee as hy die meisie sou los. Sonder huiwering het hy gretig die geld en die beeste geneem en weggeloop.

15

Die dienaars het die meisie pragtige klere gegee om aan te trek. Hulle het haar na die paleis toe begelei, reguit na die prins toe. Kort voor lank het hulle haar ouers laat weet en 'n seremonie is georganiseer om die gelukkige paartjie te trou.

16
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Vrugte
Author - Shakira Bodio
Adaptation - Danel Buitendag
Illustration - Wiehan de Jager
Language - Afrikaans
Level - Read aloud