Jakkals en die son
Traditional San story
Manyeka Arts Trust

Lank, lank gelede was daar 'n dwase, lui jakkals. Hy het saam met sy ou vader in die Kalahari gewoon.

1

Een oggend word Ou Jakkals wakker en vind sy seun aan die slaap in die son. Die kos is nog nie gereed nie en die bokke is nog steeds in die kraal! "Jong man, jy is so lui! Gaan soek vir jou 'n vrou. Ek is te oud om na jou te kyk," se Jakkals se pa. Jakkals spring toe op en neem die bokke veld toe.

2

In die veld sien hy iets wat blink op 'n rots. Hy loop nader en nader aan die rots. Hoe nader hy kom, hoe mooier blink dit. Miskien is dit die vrou vir hom!

3

"Jy is pragtig," sê Jakkals vir die glans. "Maar wie is jy? Hoekom is jy alleen?" "Ek is die son," antwoord die glans. "My familie het my hier gelos toe hulle verhuis. Hulle wou my nie dra nie. Ek is te warm."

4

"Maar jy is so mooi!" sê Jakkals. "Ek sal jou dra. Ek sal jou huis toe vat om my pa te ontmoet." "Doodreg, jy kan my dra. Maar moenie kla wanneer ek te warm word vir jou nie," sê die son.

5

Jakkals dra die son op sy rug en begin sy reis huis toe. Kort voor lank begin die son Jakkals se pels brand. "Sal jy asseblief van my rug afklim? Ek moet rus," sê Jakkals. Sy rug is so seer dat hy skaars kan loop. "Hou net aan loop!" sê die son. "Ek het jou gesê om nie te kla nie!"

6

Toe sien Jakkals 'n stomp wat oor die pad lê. Hy kruip onderdeur die stomp sodat die son kan afval.

7

Maar die stomp skraap ook die vel en pels van sy rug af. Dit bly agter saam met die son.

8

Die nuwe pels is nou 'n ander kleur as die pels op die res van sy lyf. Die ander kleur herinner Jakkals daaraan om nie weer so dwaas te wees nie.

9

Aantekening oor die storie: In 2005 het die Naro-storieverteller Bega Cgase van die Kalahariwoestyn in Botswana die storie aan Marlene Winberg vertel, en sy vertel dit weer hier oor. Die storie verskyn in verskillende weergawes in baie Suider-Afrikaanse San-gemeenskappe.

Dit waarsku dwase jong mans om hulle nie te laat verlei deur die uiterlike skoonheid van 'n meisie nie, en dit sê vir ouers om nie hul kinders te dwing om te trou ter wille van hulp in die huis nie.

10

Dit evokeer ook die kragtige voorkoms van die warm son in die woestyn en dit doen wat stories doen: dit gee aan alles in die natuur 'n persoonlikheid.

Die illustrasies in die storie kom van storieborde deur Marlene Winberg, digitaal geïnterpreteer deur Satsiri Winberg, en is manipulasies van skilderye van die Manyeka Art Collection gemaak deur San-kunstenaars /Thaalu Rumao, /Tuoi Samcuia en Joao Wenne Dikuango, wat almal reeds oorlede is.

11
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
Jakkals en die son
Author - Traditional San story
Adaptation - Johanne
Illustration - Manyeka Arts Trust
Language - Afrikaans
Level - Longer paragraphs