

Opwindende nuus, die graad 6-leerders het 'n brief ontvang oor die leiers kamp. Die kamp beloof opwindende aktiwiteite soos swem en 'n hindernisbaan.
Terwyl Juffrou Andrews die brief lees, gons die klass van afwagting.
Met pouse sien Luca sy beste vriend Sam, die grootste seun in graad 6, alleen sit.
"Haai Sam. Is jy so gepomp vir die kamp soos ek?" vra Luca vrolik.
Sam lyk bekommerd "Ja, dit klink lekker..."
"Lekker, lekker! Dis die beste kampterrein! Jy het al die stories gehoor wat die graad 7-leerders vertel. Wat is die probleem?" pepper Luca.
"Ek kan nie swem nie" fluister Sam verleë terwyl hy rondkyk om te sien of iemand hom gehoor het.
"Ernstig?" vra Luca. "Ja, ek weet ek is goed in die meeste dinge, maar swem maak my bang. Niemand het my ooit geleer nie" sê Sam met sy kop in sy hande.
Luca hardloop weg sonder 'n word en is gou terug met 'n maat. "Palesa sal jou help" sê Luca.
By Palesa se huis wag Sam angstig langs die swembad. Skielik verskyn Luca met vlerkies, flippers en 'n swembadnoedel om sy middel.
"Het ek dit alles nodig?" vra 'n geskokde Sam. "Nee, hierdie een is net belaglik!" spot Palesa.
Palesa sê vir Sam om vlerkies te dra om sy selfvertroue te bou. Sy hou sy hande vas soos hy op die noedel le en sy voete skop.
Luca hardloop en spring in die swembad met 'n groot SPAT. "Haai! Passop, ons leer hier." roep Palesa.
Die graad 6-klas kom by die kamp aan. Na oriëntering word hulle in spanne verdeel.
Elke span doen 'n ander aktiwiteit op 'n slag. Die doel vand die aktiwiteite is om as 'n span te werk en mekaar te ondersteun.
Na die aktiwiteite staan Sam voor sy groot uitdaging: die swembad. "Ek sal oukei wees" stel hy homself gerus terwyl hy by sy vriende in die swembad aansluit.
"Kom ons hou resies!" roep Luca. "Ja" sê Sam gelukkig met die wete dat hy nou kan swem.

