

Die kinders is vanoggend baie opgewonde. Pappa en mamma het belowe om hulle vandag op 'n uitstappie na die dieretuin toe te neem. Almal is nou besig om hulle oggendete by die tafel te eet.
Almal het klaar geëet en hulle is nou in die motor op pad na die dieretuin. "Die son skyn heerlik. Dis die perfekte dag om op ons uitstappie te gaan," sê mamma. "Ons is amper daar, " sê pappa.
Lyle en Layla kan nie wag om by die dieretuin in te gaan nie. Hier kom pappa en mamma met hulle kaartjies. Almal is vreeslik opgewonde toe hulle by die die hek mag ingaan. " Hier is so baie verskillende diere, " sê Lyle.
Layla hou baie van die leeu wat so rustig lê slaap. Lyle hou weer van die olifant en haar kleintjie. Dit is die eerste keer wat hulle die dieretuin besoek. Hulle het meeste van die groot diere nog net op die televisie gesien.
Pappa en mamma vat hulle nou verby die dam. Daardie pienk voëls word flaminke genoem en hulle staan gewoonlik op een been, verduidelik mamma.
Almal is nou moeg geloop. Hulle sien die lekkergoed stalletjies. Die mense by die stalletjies is baie vriendelik en nooi hulle om te kom koop. Die kinders kies onmiddelik 'n hele paar lekkernye.
Dis nou tyd om terug te gaan huis toe. Lyle koop nog vinnig 'n rooi ballon wat hy saam wil neem huis toe. Layla het ' n groen speel kameelperd gekies. Sy hou van hulle lang nekke.
Die uitstappie het nou tot 'n einde gekom. Die kinders het dit vreeslik geniet, maar is nou baie moeg. Hulle raak aan die slaap terwyl pappa terug bestuur.

