

In die woud, lank gelede was daar ñ Beertjie. Op ñ sonnige oggend toe Beertjie speel, het hy 'n klein saadjie gekry.
Baie opgewonde het Beertjie dit huis toe gevat en dit saam met Mama Beer in die tuin geplant. "O, ek kan nie wag dat my blommetjie groei nie!", het Beertjie gesê terwyl hy versigtig toe saadjie toe gooi.
Maandag oggend het Beertjie vroeg wakker geword en vir sy saadjie gekyk, maar daar was geen verandering nie. Teleurgesteld, wonder hy: "Hoekom groei dit nie."
Later by die skool het Beertjie met ñ moeilike winskundeprobleem gesukkel. Hy het ongeduldig sy pootjies teen die lessenaar getik, met hoop dat die som ditself sal oplos. Juffrou Gigi die Kameelperd het vir hom gesê: "Wees geduldig, Beertjie. Die antwoord sal kom as jy tyd gee."
Daardie middag het Beertjie saam met vriende op die klimraam gespeel. Hy kon nie wag vir sy beurt nie en het ongeduldig geraak toe sy vriend, Monkey, te lank vat. "Maak gou!", het Beertjie geskree.
Maar hy onthou toe Juffrou Gigi se woorde: "Geduld, Beertjie." Daarom haal hy diep asem en wag rustig vir sy beurt. Toe sy beurt kom, het Beertjie besef om te wag nie so erg is nie, en dit wel sy speeltyd lekkerder gemaak het.
Beertjie het op Dinsdag oggend weer uit sy venster gekyk na die grond. Hy het gesug toe hy geen tekens van iets wat groei gesien het nie. "Ek sal geduldig wees," het hy hartseer gesê.
Honger, Beertjie het in die ry by die skool se kafeteria gaan staan vir middagete. In die stadige ry, met ñ frons, dink Beertjie: "Geduld Beertjie, ek gaan my kos vinning, vinnig kry." En so wag hy. Uiteindelik kry hy sy kos en was so trots op homslef dat hy kalm gebly het.
Na skool wag Beertjie vir die bus om hom huis toe te vat. Terwyl donker wolke het in die lug begin vorm dink Beertjie: "Ek wil nie wag nie! Dit vat vir ewig!", en besluit om huis toe te loop.
Gou, gou het dit begin reën op sy stappie huis toe! Koud en sopnat, toe besef hy geduldig moes wees en gewag het. Hy dink toe: "Geduld hou my veilig en droog."
Sondag kom en Beertjie se geduld het uiteindelik vrugte gedra toe hy die klein sonneblommetjie in die grond sien. "Dit groei!", skree hy. Hy besef toe dat geduld wonderlike belonings bring.
Van daar af, het Beertjie onthou dat goeie dinge kom na die wat geduldig is.

