'n Dag van Wegkruipertjie
Zimonè Keet
Mazvita Chipuriro

Dame Baa Baa die skaap, Kiki die kat, en Tilly die skilpad is beste vriende. Elke dag is 'n nuwe avontuur!

1

Een sonnige oggend, het die drie vriende mekaar onder hul gunsteling boom ontmoet.
Dame Baa Baa het voorgestel: "Kom ons speel wegkruipertjie!"
Kiki se stert het van opwinding begin swaai en uitgeroep: "Ek is reg!"
"Ek ook!" het Tilly met 'n stadige glimlag gesê.

2

Dame Baa Baa het begin tel.
"Een… twee… drie…"
Kiki het soos blits agter 'n bos ingepyl en weggekruip!
Waar dink jy gaan Tilly wegkruip?

3

"Gereed of nie, hier kom ek!" roep Dame Baa Baa.
Haar hoewe maak "klip klop" terwyl sy na haar vriende soek.
Kan jy haar help om Kiki en Tilly te vind?

4

Dame Baa Baa vind Kiki eerste.
Kikki giggel en sê: "Jy het my so vinnig gevind!"
Nou waar kan Tilly wees?
Sal jy Dame Baa Baa help om agter die klip te soek ?

5

"Ek het jou gevind Tilly!" lag Dame Baa Baa.
Tilly glimlag en sê, "Nou is dit my beurt om julle te soek!"

6

Tilly maak haar oë toe en begin tel:
"Een… twee… drie…"
Dame Baa Baa spring weg na die weivelde, om agter 'n groot boom te gaan wegkruip.
Kiki loop saggies op haar tone in die veld in.
Waar sou jy weg gekruip het as jy saam gespeel het?

7

Tilly maak haar oë oop en begin stadig en deeglik met haar soektog.
Sy vind Dame Baa Baa eerste, waar sy agter die boom uitloer.
Maar waar is Kiki?

8

Tilly het amper moed opgegee, maar toe spring Kiki uit en roep, "Waa!"
Hulle almal begin lag en sê "Wegkruipertjie is die beste speletjie ooit!"

9

Watter ander speletjies dink jy kan hulle volgende speel?

10
You are free to download, copy, translate or adapt this story and use the illustrations as long as you attribute in the following way:
'n Dag van Wegkruipertjie
Author - Zimonè Keet
Illustration - Mazvita Chipuriro
Language - Afrikaans
Level - First paragraphs